Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Potpourri / Jag-en-gewere / Dis-die-raak-skiet-wat-tel

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:27 May 00:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Dis die raak skiet wat tel

 
Lucas Potgieter

Die rede vir 'n misskoot moenie by die geweer, die teleskoop of die patroon
gesoek word nie. Jy soek hom eerste by die mens agter die geweer. Eers as jy hom
nie dáár kry nie, begin jy elders soek.

Anderdag, op 'n funksie van wildboere in Pretoria, gesels ons oor skietvermoë. Toe sê iemand: "Lucas, die boer se roer is in sy ****."

Hy vertel van sy ervarings met Suid-Afrikaanse jagters wat op sy wildplaas kom jag - hoe vrot hulle skiet en hoe arrogant hulle is wanneer jy enige opmerkings daaroor maak. Die ergste, volgens hom, is dat hulle allerhande verskonings probeer maak vir hul onvermoë om die koeël en die bok bymekaar te kry.

Die jagter (en skyfskieter) gee homself bykans nooit die skuld as hy mis skiet nie. Dis altyd die wind, die geweer, die teleskoop of sy monterings, die patroon of selfs die spoorsnyer se optrede wat sy skietvermoë befoeter het. (Dit is baie interessant dat vroue wat aan die skietsport deelneem, nie die minste omgee nie om te sê: "Dis my skuld.")

Dit lyk werklik of baie Suid-Afrikaanse jagters dink dat skietvermoë 'n eienskap is wat deur osmose of geneties oorgedra word. Omdat van ons voorsate kwansuis Engelse soldate skoot vir skoot 'n kopskoot gegee het terwyl hulle op 600 tree te perd wegjaag, glo ons dat ons dit ook kan doen.

As dit waar is, ontstaan die vraag, waarom is ons vroue nie so nie? Waarom het hulle dit nie deur die gene van hul oupas en oumas geërf nie? Het dit dalk iets met ons manlike ego te doen en is selfbewondering dalk die werklike eienskap wat ons van ons voorsate geërf het? My dogter is 'n sielkundige. Dis haar nering. Sy dink so.

Ek wonder dikwels of 'n Wes-Transvaalse skolier wat byvoorbeeld in standerd agt sy rapport gedokter het om sy ma te beïndruk, wanneer hy volwasse is, meer geneig sal wees om 'n trofee wat hy eintlik nie gejag het nie, vir 'n kampioenskap in te skryf? Dis seker moontlik.

Dan is daar die baie gevalle, wat veral deesdae na vore kom, waar Suid-Afrikaanse jagters byvoorbeeld 'n dier sou skiet wat hy nie mag skiet nie of wat hy per ongeluk skiet en dan die skuld op andere wil pak. Is dit sy ego wat aangetas word? Het hy nie geweet dat die man wat die sneller trek, die verantwoordelikheid moet aanvaar nie?

Daar was onlangs weer die geval van 'n jagter wat 'n luislang geskiet het en toe die skuld op die spoorsnyer wou pak. Wanneer jy deur 'n teleskoop kyk, kan jy mos sien of jy met jou 338-Magnum na 'n likkewaan, 'n luislang of 'n luiperd mik.

'n Gebrek aan skietvermoë by die Suid-Afrikaanse jagter kan reggestel word. Gaan dit egter oor egoïsme, het ons 'n ernstiger probleem.

Die vermoë om raak te skiet, is net soos by krieket, rugby, tennis, gholf, boks en alle ander sportsoorte, die resultaat van gereelde oefening. Wie sy skietvermoë nie gereeld oefen nie, hoort nie in die jagveld nie. Eintlik is dit belangriker as by ander sportsoorte omdat jag 'n "bloedsport" is. Jy skiet lewende diere dood.

Daarom word dit van jou verwag om jou skoot só te plaas dat jy die dier nie aan onnodige lyding blootstel nie. Jy doen dit om etiese redes teenoor die dier, maar ook teenoor jou medejagters wie se goeie naam onnodig in gedrang kom as jy nie weet hoe om jouself vir die jagsport voor te berei nie.

'n Mens word moeg vir die baie geskryf en die talryke video's oor waar jy 'n dier moet skiet. As jy deur dié boeke blaai, is daar bladsy ná bladsy met sketse oor waar die dier se hart, longe, nekwerwels en sy brein - dus die lewensbelangrike organe - sit. Jy sal sweer dié organe in 'n dier is net so beweeglik soos Marthinus van Schalkwyk in die politiek.

Ek besit 27 boeke en seker 40 artikels, sketse en videomateriaal oor waar jy moet mik om 'n dier 'n doodskoot te gee. Ek vind geen bewyse dat die organe sedert 1836 enigsins verskuif het nie.

Hierbenewens is daar etlike duisende artikels en boeke geskryf oor waarmee jy jou wild moet skiet. Dit gaan oor onderwerpe soos kaliber, ballistiek, teleskope, aksies, lope, akkuraatheid, koeëls, ladings en honderde verwante onderwerpe.

Om onverklaarbare redes word byna nooit aandag aan die belangrikste aspek van die skietsport gegee nie. Ons skryf en praat en preek oor waar jy die dier moet skiet en waarmee jy hom moet skiet, maar vermy die belangrikste faset: Die bekwaamheid van die mens agter die geweer.

Hans Bender van Schmidt und Bender het in Duitsland 'n opname gedoen oor die belangrikste probleme waarmee jagters in die veld te kampe het. Die opname het getoon dat meer as 70 % van alle jagmislukkings by die mens agter die geweer gesoek moet word.

As jy die rede nie daar kry nie, soek jy verder. Dit is om hierdie rede dat die stigting van die SA Jaggeweerskietvereniging op lang termyn soveel vir die jagsport kan beteken.

Ek het spesiaal na Bloemfontein gery om te gaan kyk watter hoë standaard van bekwaamheid die beter skuts in Suid-Afrika bereik het. As jy met hulle gesels, word een ding baie duidelik: 'n Goeie skut is iemand wat gereeld oefen. Wie dit nie doen nie, vaar swak, ondanks 'n moontlike verwantskap met generaal De Wet of ander wat hulle op die slagveld onderskei het.

Maar ek het ook gesien dat die mans en vroue wat dié sport beoefen, dit terdeë kan geniet. Net soos met gholf, tennis, snoeker of selfs rolbal hoef jy nie 'n kampioen te wees as jy wil deelneem en dit wil geniet nie. Hier kan jy en jou familie lekker kruit brand en terselfdertyd jou geweer leer ken.

Daar word beplan dat kinders van verskillende ouderdomme ook kan deelneem, dat streekspanne gekies kan word om teen mekaar mee te ding en dat jy selfs jou eie span bymekaar kan maak om teen teikens van jou vriende te skiet.

Reeds op die eerste byeenkoms het die vroue hulself deeglik laat geld en talle mans in die stof laat byt.

Maar daar was ook kritiek. Sommige van die skuts het gekla dat die verskillende bane dikwels moeiliker was as wat jy ooit in die jagveld sal ervaar. Dit is waar, maar dit is ook waar dat dit juis op die moeilike baan is waar jy die beste leer oor hoe om raak te skiet.

Daar was definitiewe kritiek teen die keuse van 'n Springbokspan, veral van die duisende uitstekende skuts wat nie geweet het dat daar so 'n kompetisie bestaan nie. Die feit dat die Springbokke almal lede van een bepaalde jagtersvereniging was, maak net soveel sin as sou ons 'n Springbok-rugbyspan kies wat almal toevallig vir Memel speel.

Ag nee wat, die Departement van Sport en Ontspanning se reëls oor die toekenning van Springbokkleure is darem baie duidelik. Die reëls is boonop gratis beskikbaar. In Pretoria nogal.

Dit wat Willem Botha en sy makkers in Bloemfontein begin het, is 'n geweersport wat deur mense met jaggewere beoefen word. Dit maak nie saak of jy 'n jagter is en of jy nie 'n jagter is nie. Jy skiet na gewone teikens en papierbokke. Jy skiet nie na lewende diere nie. Daarom behoort die SA Polisiediens hierdie aktiwiteit as 'n sportsoort te sien wat deur toegewyde sportmanne beoefen word.

Ná wat ek in Bloemfontein gesien het, hoop ek dat die SA Jaggeweerskietvereniging groot ondersteuning sal kry van die baie Suid-Afrikaners wat smag na geleenthede waar hulle die skietsport kan geniet.

Ons liefde om kruit te brand, is die eintlike eienskap wat ons geërf het.

2 Augustus 2002

0
 
 
  • 2022 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Meeste sojabone nóg geplant
  • Verwagtinge vir katoenoes lyk beter
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction