Met die jagtyd op hande kan die SA Polisiediens (SAPD) oorval word met hofbevele wat hom dwing om aansoeke om nuwe vuurwapenlisensies binne ’n maand af te handel.
Dit volg nadat die Noord-Gautengse Hooggeregshof vroeër vandeesmaand só ’n bevel toegestaan het.
Die SAPD het dit nie teengestaan nie. Regter Joseph Raulinga het die nasionale kommissaris van die SAPD en die hoof van die sentrale vuurwapenregister op 3 Junie beveel om binne 30 dae ’n besluit te neem oor mnr. Henning Kruger se aansoek wat op 15 Januarie 2007 ingedien is.
Indien die aansoek afgekeur word, moet die SAPD hom binne sewe dae skriftelik daarvan in kennis stel. Die regter het ’n kostebevel teen die SAPD gelewer.
Volgens mnr. Jaco Krüger van DJ Krüger Prokureurs wat die aansoek gebring het, is die gemiddelde wagtyd vir lisensie-aansoeke twee jaar en langer nadat al die vereistes nagekom is. Sommige van sy kliënte wag al vyf jaar vir hul aansoeke op verwerk te word.
Krüger sê dit is sy ondervinding by ál die polisiekantore. Hy voeg by dat voor die nuwe Vuurwapenwet in werking getree het, lisensieaansoeke binne ses weke afgehandel is.
14 Junie 2010
Kommentaar
In jou drome...Die regering van die dag is onbevoeg in alle aspekte
Heine, jy is so ver van die merk af met jou VSA opmerking dat dit amper nie eers snaaks is nie.
Amerikaners het iets soos "the second ammendment" wat beteken hulle het 'n grondwetlike reg om wapens te koop - dis toevallig die enigste land in die wereld. So moenie appels met pere vergelyk nie.
So pas vanaf TEXAS, VSA, daar koop jy n wapen met jou ( id ) social security nr, oor die toonbank, wat tussen 20-30 min duur. Dis nie die WAPENS wat n probleem is nie, dis die BOBBEJAAN wat dit hanteer, ja motors, bottels, kierries, pangas, ens., moor ook mense. Hoekom het ons so baie wette wat net die gehoorsamme burger bestuur ??? terwyl die THUGS maak soos hul wil ?? daar moet seker iewers n slim PROKUREUR/ADVOKAAT wees wat die wapen afdeling op hul dinges kan gee. Red ons asb, het so pas weer aansoek gedoen vi die hernuwing van my bevoegheid, SAP by ons uitstekend, die dame bel hoofkantoor ivm wat gedoen moet word, en WRAGTIG WEET SAP PRETORIA nie wat hul moet doen nie. SKANDALIG, WAAR's my regte???
Kontak besonderhede van DJ Kruger Prokureurs is, e-pos: dj.kruger.prokureurs@gmail.com, en u kan 083 6446 381 skakel
my eerste wapen het ek einde 2008 gekoop en toe aansoek gedoen vir lisensie na ses maande se dreig en skel het ek my bevoegtheid en lisensie gekry ek doen toe aansoek vir 11 ander wapens en wag al amper 2jaar vir hulle lisensies hoekom nou so lank ek is mos nou bevoeg keur net my lisensies goed
ek is opsoek na DJ Kruger Prokureurs se telefoon nommer enige iemand my kan help asb.
Die SAPS gooi dan vuurwapens ook nog self weg en dan is daar ook die 10 000 SAPS lede in die tronk.
Pleks dat die SAPS hul werk behoorlik en ordentlik doen.
Ek het nog baie ander klagtes oor SAPS, maar dis nie gepas om dit hier te noem nie.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)