Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Potpourri / Jag-en-gewere / Helfte-van-wapenlisensies-geweier

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:27 May 00:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Helfte van wapenlisensies geweier

 
Deur ALANI JANEKE
Vuurwapen. Foto: THEUNS BOTHA
Vuurwapen. Foto: THEUNS BOTHA

Tot 50% van aansoeke vir vuurwapenlisensies word geweier, en sommige wildbewaarders wag al vyf jaar vir hulle lisensies. 

Luidens ‘n verklaring van Wapeneienaars Suid-Afrika is hulle baie bekommerd omdat aansoeke van persone, wat bevoeg verklaar word en wel aan die voorgeskrewe voorwaardes voldoen, geweier word.

Die organisasie sê hoewel mnr. Nathi Mthethwa, Minister van Polisie, in November verlede jaar erken het dat die toepassing van die Wapenbeheerwet ‘n mislukking is, het hy tot dusver nog nie ‘n omkeerplan bekend gemaak om aan die publiek te verduidelik wat gedoen gaan word aan die probleme en die groot agterstand nie.

Mthethwa word ook gekritiseer omdat hy nog nie ‘n verslag oor die werking van die Sentrale Wapenregister bekend gemaak het en verduidelik het wat in die proses skort en wat dit die land gekos het om die proses te implementeer nie.

Hofsake?

Volgens die organisasie is hulle, in samewerking met ander verenigings wat wapeneienaars in die land verteenwoordig, van plan om volgens die regstelsel teen Mthethwa op te tree oor veranderinge aan die Wapenwet en dít wat nie behoorlik geïmplementeer word nie.

Intussen sê mnr. Pelham Jones, voorsitter van die Private Renostereienaarsvereniging, eienaars van dié diere asook reservate wat die groot vyf huisves, sukkel ook steeds om hulle lisensiekopsere op te los.

Gedwing tot onwettige optrede

Tydens Minister Bulyewa Sonjica se Renosterberaad wat in 2010 plaasgevind het, het Jones aan die Regering, Polisie en alle betrokke rolspelers uitgewys dat sommige wildbewaarders, weens die sloerdery met lisensies, renosterstropers met knuppels en pepersproei moes beveg. Jones wag self sedert 2006 vir die toekenning van sy bewaarders se lisensies, wat reeds goedgekeur is. Die Polisie het daar onderneem om die situasie spoedig aan te spreek, maar Jones sê ses maande later het hy steeds niks gehoor nie.

Jones sê tans word verskeie bewaarders gedwing om onwettig op te tree want die wet vereis dat ‘n bewaarder, wat alleen of met besoekers, in enige reservaat beweeg waar die groot vyf aangehou word, ‘n wapen byderhand moet hê. “Effektief gaan bewaarders tans onwettig die veld in.”

18 Februarie 2011

4.733335
 
 
  • 5020 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Jurie Burger 
09 Jul 2011 06:23

Aanvanklik is my bevoegdheidsertifikaat geweier maar na 'n appèl het ek dit in November 2009 gekry. Julie 2011 ontvang ek terugvoering dat my lisensies afgekeer is en die rede is dat ek nie n bevoegdheidsertifikaat besit nie. Aansoek vir bevoegdheid en lisensies alreeds in 2006 ingedien.

  • antwoord
Mari 
10 Jun 2011 10:15

Word daar ooit dankie gesê aan die SAP-lede wat wel uit hulle pad gaan om te help, hulle word watter tyd van die nag gebel. Sien iemand raak wat hulle regtig doen om wapenlisensies te bespoedig?

  • antwoord
Onbekende besoeker 
01 Mar 2011 21:36

Nadat ek my volle kursus destyds, meer as 3 jaar gelede, gedoen het (Teorie en Praktiese skiet) geslaag het en sertifikate ontvang het, keur hulle nou my bevoegdheidsaansoek af! My twee vuurwapenlisensie aansoeke word dus ook afgekeur. Wat moet ek dan nog doen om bevoegd te wees? Ek is ñ fikse 41 jarige boer met gesin. Skiet elke jaar wild en jag jakkals. Hoe kan ek onbevoeg wees? Nou moet ek met my eie geld appelleer.

  • antwoord
Onbekende besoeker  
23 Feb 2011 19:00

Suid Afrika het n oor aanbod vir goedkoop weermag wapens,net buite ons grense,so vir die wat wil oorlog maak,is daar nie n vuurwapen en Ammo te kort! Ek dink hierdie vuurwapen wet is besig om n stadige dood te sterf,want die regering van die dag besef,hoe strenger die vuurwapen wet,hoe groter die mark vir onwettige wapens oor ons grense.En watter "dom" mense probeer n "cope" met jag gewere,almal met verskillende kalibers...te min en duur ammo!

  • antwoord
Russell Dunbar 
22 Feb 2011 15:49

Die probleem van vertraagde lisensie uireiking word erken deur die Minister van Polisie & dit is waar dit eindig.Interessante strategie,neutraliseer die beskuldigings & doen verder niks.Net as daar 'n verkiesing oppad is dan sal dié kwessie aandag geniet.Al word die Staat verplig om in te tree is dit die ANC beheerde Staat se keuse om iets te doen altans nie.Stuit taktieke is die orde van die dag & lyk soos 'n magsvertoning.Dalk moet daar vir regshulp aansoek gedoen word,al word dit van die hand gewys.Miskien sit dit die ANC regime in 'n ongemaklike posisie.Verder identifiseer mense ingelig oor die binnewerking van die prosesse ens.. i.v.m. lisensie uitreiking.Sal dalk heelwat moeite spaar.

  • antwoord
Butchvan Blerk 
21 Feb 2011 17:42

Saaiboer - net interessantheidshalwe. Die Swart vuurwapeneienaarsvereniging ignoreer die nuwe "wet" in totaal en weier om enige iets daarmee te doen te hê en daag die Staat openlik daaroor uit. Hulle het ook 'n enorm groot eis teen die Staat van miljarde rande ingestel. Hulle beskou die nuwe "wet" as "bad in law" en weier om dit te aanvaar. Hulle sit natuurlik ook met die huidige probleme nl. dat aansoeke afgewys word.

  • antwoord
Butchvan Blerk 
21 Feb 2011 13:10

Saaiboer, dis 'n ou trick oor baie jare in baie lande om landsburgers te ontwapen.

  • antwoord
Saaiboer 
19 Feb 2011 20:16

Kan nie glo dat hulle so bang is vir ons nie.

  • antwoord
Saaiboer 
19 Feb 2011 09:31

Ja, hulle sukkel om ons te ontwapen, net die regsgeldigheid gee hulle 'n bietjie probleme. Sulke goed maak dat daar altyd 'n ons en hulle sal wees.

  • antwoord
Nicol Muller 
18 Feb 2011 15:16

Ek stem saam met Butch.Maar ons moet dan ook toegang he tot die belasting betaler se geld want ons moet privaat geld gebruik om die staat te baklei en dit kos die ou wat jy aanvat nie 'n sent nie.

  • antwoord
  • 1
  • 2
  • volgende >
  • laaste >>

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Twis oor brandstofheffing
  • Dit bly maar droog
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction