Die plaaslike jagbedryf het in ’n groot mate daartoe bygedra dat wildsoorte in die land toeneem, sê prof. Gerhard Verdoorn, ondervoorsitter van bewaring by die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SAJWV).
Verdoorn het op die vereniging se mediadag in Pretoria gesê jag is een van die belangrikste boustene van wildbewaring aangesien dit volhoubare benutting aanmoedig. “Jy kan nie jag as daar niks is om te jag nie.”
“Jag is die belangrikste bron van inkomste vir wildboere,” sê dr. Herman Els. Die jagbedryf dra jaarliks sowat R7,7 miljard tot die bruto binnelandse produk by.
4 November 2009
Kommentaar
Ek stem saam dat die jagbedryf baie bygedra het tot die bewaring van wild.
Die probleem wat ek, en ek glo baie ander het, is dit.
Van kleins af is ek geleer om eties te jag en om dit wat ek skiet te eet.
So, as die jagters bereid is om die leeus in groot kampe te laat loop en die vleis na die tyd te eet sien ek geen probleem nie.
In die goeie ou dae is leeus geskiet omdat hulle vee gevang het, so die skiet kon "regverdig" word.
Om egter 'n dier te skiet net omdat hy geld inbring...ek dog ons is darem so bietjie beter/verder "ontwikkel" as dit.
Ek stem saam met Prof Verdoorn. Ek het self sulke waarnemings gemaak. Diere teel net aan as daar ruimte vir die nageslag sal wees. Hulle getalle stagneer as dit nie uitgedun word nie, die diere verouder, min jong bloed kom aan, oues vrek en daar is selfs die moontlikheid van uitsterwing. Dit gebeur in skaapkuddes wild ,wilde voëls, ens
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)