Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Potpourri / Jag-en-gewere / Jagters-bly-oor-uitspraak

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:27 May 00:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Jagters bly oor uitspraak

 

Die georganiseerde jagbedryf het sy "groot tevredenheid" uitgespreek oor die uitspraak dat vuurwapenlisensies wat ingevolge die vorige vuurwapenwet uitgereik, steeds geldig bly.

Uitspraak is op Vrydag, 26 Junie 2009 in die Noord-Gautengse afdeling van die Hoogeregshof gelewer in die aansoek van die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) teen die Minister van Veiligheid en Sekuriteit dat vuurwapenlisensies wat ingevolge die vorige Vuurwapenwet (1969) uitgereik, steeds geldig bly, stem die georganiseerde jagbedryf tot groot tevredenheid.

Luidens 'n nuusverklaring van die SAJWV het die hof 'n tussentydse interdik uitgereik wat sal geld tot die hoofaansoek om die grondwetlikheid van die oorgangsbepalings, soos vervat in die Wet op die Beheer van Vuurwapens (Wet 60 van 2000), beslis is. In die hoofaansoek sal die hof uitspraak moet lewer of die grondwetlike beginsels ten opsigte van die beskerming van private eiendom, die beginsel teen kriminele vervolging, asook billike administratiewe prosedures nagekom is.

Die SAJWV se dringende aansoek het 'n bydrae daartoe gelewer dat duisende Suid- Afrikaanse wettige vuurwapeneienaars nie na 30 Junie 2009 krimineel vervolg kan vir die onwettige besit van vuurwapens nie.

Luidens die SAJWV is die uitspraak is 'n oorwinning vir die wetsgehoorsame vuurwapeneienaars. Daar is tydens die hofaansoek onvoldoende bewys gelewer dat wettige vuurwapens en veral jagwapens tydens misdaad gebruik word en die besit daarvan gevolglik beperk moet word nie.

Die toetrede tot die hofsaak van die Professionele Jagtersvereniging (Phasa) asook die SA Vuurwapen- en Ammunisieversamelaarsvereniging het die SAJWV se saak beslis versterk. Jarelange samewerking met ander geakkrediteerde jagtersverenigings en hul insette op die Jagtersforum het die SAJWV in staat gestel om sinvol die jagbedryf se belange te verstaan en te help beskerm.

Kortliks beteken die hofuitspraak vir die vuurwapeneienaar die volgende:

 

  • Bestaande groen lisensies (uitgereik ingevolge die ou Vuurwapenwet van 1969) bly geldig tot afhandeling van die hoof-hofsaak.

  • 'n Vuurwapeneienaar kan gevolglik vanaf 1 Julie 2009 nie krimineel vervolg word omdat hy 'n wapen met bestaande lisensie besit nie, maar dit geld net tot die hoofhofsaak beslis is.

  • Dit is nie meer nodig om aansoek te doen vir Artikel 21, tydelike magtigings nie.

  • Bergingspermitte wat ná 30 Junie 2009 nog geldig is, bly geldig tot die vervaldatum daarvan.

  • Daar is geen noodsaak om vuurwapens vóór 30 Junie 2009 vir bewaring of vernietiging by die SAPD in te handig nie.

  • Indien 'n vuurwapeneienaar nie aansoek gedoen het vir die herlisensiëring van sy vuurwapens nie, moet dit gedoen word nie later as 30 Junie 2009 nie. Sodanige laat aansoek kan slegs gedoen word in gevalle waar die applikant siek, of in die buiteland of weens omstandighede buite sy beheer nie betyds ingedien kon word nie.

 

Wettige vuurwapeneienaars mag dus hulle vuurwapens gebruik tot tyd en wyl die hoofhofsaak beslis is en die "ou groen lisensie" is voldoende bewys van wettige besit.

Navrae:

George Nell (082 772 9290)

Dr. Herman Els (083 294 7503)

29 Junie 2009

5
 
 
  • 3612 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Van Ryn's-brandewyn bekroon
  • Hantering (3)
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction