Die Professionele Jagtersvereniging van Suid-Afrika (Phasa) het meer as R2 miljoen ingesamel tydens ’n veiling by ’n galadinee in Sandton vir die opleiding van swart studente in wildlewebestuur.
Die geld is ingesamel deur die verkope van eksklusiewe jagpakette, wildlewekuns en luukse wegbreekverblyf wat deur wildplase en natuuroorde in Suider-Afrika beskikbaar gestel is. Die geld word benut vir die opleiding van skenkers se werkers by die Wildlewe-kollege in Hoedspruit.
Beste bydrae tot bewaring
Volgens Phasa is meer as 200 studente al op dié wyse opgelei en baie van hulle beklee bestuursposisies in hul onderskeie lande.
“Die beste bydrae wat ons tot bewaring kan lewer is om toe te sien dat daar genoeg opgeleide wildlewe-bestuurders plaaslik en in ons buurlande is. Só kan ons ons natuurerfenis bewaar,” het mnr. Paul Stones, bestuurslid van Phasa, wat die veiling gereël het, gesê.
Phasa is die grootste professionele jagtersvereniging ter wêreld.
28 April 2010
Kommentaar
Dankie Phasa!
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)