|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 00:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
'n Nuwe reeks jag-ammunisie vir bostoestande, African Elite, is deur PMP in Pretoria bekend gestel.
Dit is die eerste nuwe reeks patrone wat in sestien jaar op Suid-Afrikaanse bodem vervaardig word.
Die reeks bestaan uit die vier gewilde boskalibers wat in Suid-Afrika gebruik word in toestande waar jagters merendeels in bosveldtoestande met effens swaarder koeëls oor korter afstande skiet.
Die kalibers is die .375 H & H Magnum 300 gr, .300 Winchester Magnum 200 gr, .30-06 Springfield 180 gr en .308 Winchester 180 gr. Die ammunisie word gelaai met Swift A-Frame koeëls wat van Amerika ingevoer word.
10 November 2008
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24