Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Potpourri / Jag-en-gewere / Permitstelsels-benadeel-jagters

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:27 May 00:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Permitstelsels benadeel jagters

 
Deur NICO VAN BURICK

Dit is duidelik dat tien verskillende permitstelsels (nege provinsiale en 'n nasionale stelsel) vir die jagbedryf nie werk nie. Een stelsel met eenvormige standaarde is noodsaaklik, sê mnr. Marthinus van Schalkwyk, Minister van Omgewingsake en Toerisme.

Hy het op die jaarvergadering van die Professionele Jagtersvereniging van Suid-Afrika in Boksburg gesê weens die gefragmenteerde en soms teenstrydige bewaringswetgewing in die provinsies, was dit nodig om 'n nasionale regulatoriese raamwerk te ontwikkel. Die eerste stap was die instelling van regulasies vir bedreigde en beskermde wildsoorte (TOPS). Dit is onder meer gemik op onwettige en onetiese jagmetodes en die formele erkenning van jagtersverenigings.

Die volgende stap is die aanvaarding van nasionale norme en standaarde wat as 'n raamwerk vir provinsiale regulasies kan dien en permitstelsels meer vaartbelyn kan maak. Hy het die versekering gegee dat dit met die samewerking van die bedryf opgestel sal word en dat dit rompslomp binne die jagbedryf sal verminder. Van die sprekers het gekla dat talle professionele jagters die bedryf verlaat weens probleme met permitte in sommige provinsies.

Van Schalkwyk sê Suid-Afrika betaal nou die prys vir te veel mag aan die provinsies. Tydens die grondwetlike onderhandelingsproses in die vroe&euml 1990's wou almal die sentrale regering se mag afwater en het mag na die provinsies afgewentel.

Hierdie mag is in die Grondwet gesetel en kom nie van die Regering af nie. Daarom is dit nie maklik om dit te verander nie.

Van Schalkwyk sê dit is 'n wanindruk dat die Regering teen jag gekant is en die bedryf wil kortwiek. "Wildboerdery en jag dra aansienlik tot bewaring, toerisme-ontwikkeling, werkskepping en volhoubare ontwikkeling in landelike gebiede by. " Hy sê dit is ook 'n belangrike verdiener van buitelandse inkomste en hy is optimisties oor die toekoms van die bedryf.

"Die sleutelkwessie is volhoubare benutting. Ons is net so vasbeslote om te verseker dat ons wette en internasionale ondernemings gehoorsaam en gestand gedoen moet word en sal nie huiwer om teen onetiese en onverantwoordelike jagters op te tree nie. "

23 November 2007

0
 
 
  • 2292 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • John Deere-winkel gewild op Nampo

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Reeks oor honde (6) Gesonde honde is wakker wagters
  • Swael in lek vir skape
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction