|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 00:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) het vroeër vanjaar besluit om homself 'n sterker verteenwoordiger van bewaring te maak weens die behoefte aan bewaringswerk vir biodiversiteit in Suid-Afrika.
Die SAJWV is tydens die 55ste algemene jaarvergadering van die Internasionale Raad vir Wild- en Natuurbewaring (CIC) ingelyf as 'n volle lid, wat hierdie ambisie help vervul.
Een van die belangrikste faktore wat aandag sal geniet is die tekort aan wetenskaplike stelsels waarop Suid-Afrikaanse jaarlikse kwotas vir die jag van haarwild gebaseer word.
Dit blyk dat daar tans amper geen stelsels in plek is nie. Die SAJWV en CIC glo dat wildkwotas vir jagdoeleindes op werklike gefundeerde bevolkingsdata toegeken behoort te word. Die tekort aan wetenskaplike stelsels skep vrese dat sekere wildsoorte skade kan lei.
Internasionale steun
Die CIC is 'n formele adviesliggaam en assosiaatlid van die Wêreldbewaringsbond (IUCN), wat reeds in 2004 jag as 'n belangrike bydraende faktor tot biodiversiteit erken. Die SAJWV onderskryf aan die IUCN se beginsels deur, onder andere, sy leuse - Bewaring deur volhoubare benutting.
SAJWV-lede is besorg oor Suid-Afrikaanse bewaringsake weens 'n tekort aan vaardighede en fondse. Daar is ook vrese dat die Departement van Omgewingsake en Toerisme nie openbare deelname-prosesse streng volg nie wat wrywing tussen jagters- en bewaringsverenigings en die nasionale departement veroorsaak.
Die SAJWV se CIC-lidmaatskap verskaf internasionale steun wat staatsdepartemente onder druk kan plaas on goeie beleid en wetgewing saam te stel en toe te pas.
Skakel Jan van Niekerk by 012 808 9300 vir meer inligting.
2 Junie 2008
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24