Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Potpourri / Jag-en-gewere / Skiet-met-die-groot-kalibers

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:27 May 00:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Skiet met die groot kalibers

 
Deur BEN FOURIE
Die foto wys van links na regs: Ongeïdentifiseerde grootkaliber loodkoeël wat skrywer opgetel het; .577 Nitro Express; .458 Winchester Magnum; .450 Express uit die swartkruit era; .375 Magnum; .30-06 as vergelyking met die grotes. Foto: BEN FOURIE
Die foto wys van links na regs: Ongeïdentifiseerde grootkaliber loodkoeël wat skrywer opgetel het; .577 Nitro Express; .458 Winchester Magnum; .450 Express uit die swartkruit era; .375 Magnum; .30-06 as vergelyking met die grotes. Foto: BEN FOURIE

Vandat die mens die aarde begin bewandel het, is hy behep met grootte, krag en spoed. In die vroeëre dae toe die mens nog in sy kinderskoene was, het fisieke grootte, krag en spoed jou natuurlik ‘n voorsprong gegee wanneer dit by jag en oorlog gekom het. Die een wat die klip en later die knuppel, klipbyl en spies die verste en hardste kon gooi of die vinnigste kon hardloop, het die beste kans gehad om die wild te kry of die vyand te dood.

Hierdie soeke na meer krag en meer grootte en spoed, het natuurlik ‘n verskuiwing ondergaan tot in ons moderne tyd waar jy dit nie meer daagliks nodig het vir oorlewing nie. Deesdae is dit veral sekere sportsoorte se manne en vroue, mense wat fisiese handewerk doen en nog ‘n paar ander wat staatmaak op krag, grootte en spoed.

Foto: Die foto wys van links na regs: Ongeïdentifiseerde grootkaliber loodkoeël wat skrywer opgetel het; .577 Nitro Express; .458 Winchester Magnum; .450 Express uit die swartkruit era; .375 Magnum; .30-06 as vergelyking met die grotes.

Ons ander doodgewone mense het dit nie werklik nodig nie. En tog bly ons gefassineer deur dit wat groot en sterk en vinnig is. ‘n Mens hoef net te kyk na die talle groot en kragtige bakkies en vierwieltrek-voertuie in ons stede wat omtrent 99% van hulle tyd op teerpaaie deurbring en motors wat 250 kph en vinniger kan ry, om te besef dat mense nog steeds beïndruk word deur krag en grootte en spoed. Daagliks sien ek in die gimnasium ook hoe die jong manne (en ook ‘n paar omies) hard werk om die spiere lekker groot te kry. Baie geweer-liefhebbers soos ekself ly ook aan dié siekte, maar ons heilige graal is kaliber en spoed en slaankrag.

Die begeerte om met die grotes te skiet
Ons sal in ‘n latere artikel die spoedvrate bekyk, maar nou is ons aandag eers op die ou grotes. Vandat ek vir die eerste keer op oom Piet van Deventer se plaas ‘n .404 Jeffrey-patroon in my hand gehou het, was die begeerte daar om ook eendag met die grotes te skiet. Skielik het die .303’s en selfs die enkele 30-06 wat ek tot daardie tyd geken het vir my niksseggend gelyk teen hierdie ou grote.

Baie van die beheptheid met groot kalibers kan natuurlik gekoppel word aan die romantiek van vergange jare se safari’s en jagtogte waar die wild groot was en die gewere en kalibers gebou is om hierdie groot wild plat te trek. Vir die professionele jagter van vroeër en ook vandag, is die groot kalibers natuurlik noodsaaklik omdat dit net soveel meer slaankrag het en die wild soveel makliker doodmaak. As hy sy kliënt teen ‘n stormende buffel of olifant moet beskerm, of selfs net ‘n gekweste een van die grotes moet doodskiet, het hy die kaliber nodig met die grootste moontlike koeël en die meeste moontlike energie en slaankrag.

Heel aan die begin van die ontwikkeling van vuurwapens het hulle gepraat van ‘n handkanon. Afbeeldings uit die veertiende eeu wys skuts wat met ‘n handwapen staan wat werklik soos ‘n klein kanonnetjie lyk en wat ‘n soort pyl afgevuur het. Die eerste gewere was ook van formidabele kaliber om darem soort van slaankrag te gee, want die gehalte van die kruit en projektiel was nie te goed nie en blote koeëlgewig en kaliber moes dikwels hiervoor opmaak.

Die sesponder
Voorlaaier militêre gewere was dikwels .75 kaliber. Die ou Voortrekker Lourens Christiaan de Klerk noem dat die algemene kaliber van die snaphane vanaf ses op die pond tot by veertien op die pond gegaan het. Dit beteken dat vir die sesponder jy net ses koeëls van een pond lood (452 gram) kon giet.

Daar was selfs nog groter kalibers. So noem Paul Kruger dat die geweer wat hy tydens die beroemde renosterjag, waar hy sy duim verloor het, gebruik het, sy groot vierponder was, dit wil se ‘n regte olifantgeweer. Die grootwildjagter Frederic Selous het met einste so ‘n vierponder ‘n baie slegte ondervinding gehad toe die geweer per ongeluk ‘n dubbele lading gekry het en hom uit die aarde geskop het. In vandag se terme sou een so ‘n vierponder koeël dus 113 gram of 1750 grein geweeg het. Vergelyk dit met ‘n .300 Magnum se koeëlgewig van 180 grein. Selfs in die latere era van die koperdop-patrone was die kaliber nog groot, byvoorbeeld die .577 Snider wat so laat as 1867 as die Britse militêre kaliber aanvaar is. Die amptelike kaliber van die Amerikaanse weermag was .45-70 vanaf 1873 totdat die .30-40 Krag dit 19 jaar later vervang het.

Die eerste jaggewere was dikwels maar dieselfde geweer as wat in oorlogsituasies gebruik is en dus dieselfde kaliber as die militêre geweer en selfs wanneer gewere net vir jag gebou is, was die kaliber van die ou voorlaaiers maar redelik groot. Die era van die gegoede en later professionele grootwildjagters was die tyd van opbloei vir die heel ou grotes en veral ook die Engelse dubbelloop jaggewere. Hiervan is die .577 Nitro Express met ‘n koeël van 750gr, spoed van 2050 vps en tromp slaankrag van 7010 vt/lb een van die heel bekendstes, maar beslis nie die grootste nie. Die .600 Nitro Express wat in 1903 bekend gestel is met sy 900 gr koeël teen 1950 vps en slaankrag van 7600 vt/lb was selfs nog meer kragtig.

Daar is selfs nie soveel jare gelede selfs nie ‘n .700 Nitro Express gebou. Nie almal kon die dubbellope bekostig nie en ander het doodgewoon meer van magasyn gewere gehou. So is die .505 Gibbs (1913) en later die .458 Winchester en die .460 Weatherby gebore. By laasgenoemde praat ons van ‘n 500 gr koeël, 2700 vps en 8095 vt/lb slaankrag, maar ook van amper 100 vt/lb terugskop energie vanaf ‘n geweer wat 5 kg weeg. Vergelyk dit met ‘n 30-06 se 180 gr teen 2700vps vir ‘n 2910 vt/lb slaankrag en 20 vt/lb terugskop van ‘n geweer wat amper 4 kg weeg.

Dié wat bietjie kleinserig is
Die van ons wat al klaar ‘n bietjie kleinserig is vir die 30-06 se terugskop, moet liefs wegbly van die .460. Maar sommige mense neig altyd na die heel verste grense en so was selfs dit nie kragtig genoeg nie. In 1958-59 word die .475 A&M Magnum ontwerp wat met ‘n 500 gr. koeël bykans 10 000 vt/lb tromp energie opwek. Soos Frank Barnes in Cartridges of the World sê, is een of twee skote met dié ding gelykstaande aan ‘n paar rondtes in die kryt saam met die swaargewig bokskampioen. Ook dit is al ou nuus en jy kan tans ‘n geweer kry wat vanaf die skouer geskiet word en die militêre .50 Browning patrone vuur. Die gewere is veral gewild by militêre skerpskutters, maar omdat hulle hier by die 15 kg weeg is die terugskop nie te erg nie.

Persoonlik het ek vir baie jare met ‘n Sako .375 H&H geskiet en baie honderde skote deur sy loop gesit. Dit was ‘n ligte geweer wat hard geskop het, maar baie goed kon groepeer. My beste aangetekende groepering met .270gr Hornady Interlock-koeëls was 18 mm wat baie goed is vir so ’n groot kaliber. Dié kaliber word egter nie as een van die grotes beskou nie, maar slegs as medium kaliber.

Die grootste kaliber waarmee ek self by geleentheid geskiet het, is ‘n .470 Nitro Express. Dit is vir my die heel mooiste koeël van almal en ek sou wat wou gee om ‘n Engelse dubbelloop in dié kaliber te besit, maar helaas, die goedkoopste kos soveel soos ‘n klein motortjie en sommige soveel as ‘n luukse huis.

Wat ‘n heerlike ervaring
Ek moet maar ruiterlik erken dat ek bra versigtig was toe ek die eerste keer met die ou grote moes skiet, maar wat ‘n heerlike ervaring. Hy skop gewis, maar dit is meer ‘n terugstoot as ‘n harde hou soos wat ‘n .300 Weatherby of een van daardie kalante jou gee. Wanneer daardie 500 gr koeël op 70 treë by die yster gong waarop ons geskiet het aankom, kan jy die slaankrag sien en hoor. Min dinge in my geweerloopbaan het my nog soveel plesier verskaf.

Die heel grootste kaliber wat ek ooit in my hande gehad het, was ‘n .577 Nitro Express, maar ek kon nie die eienaar omgepraat kry om ‘n skoot daarmee te skiet nie, want daardie tyd het sy patrone al naby R100 stuk gekos (nou baie duurder) en hulle was ook bitter skaars. Maar wanneer jy so ‘n ou bielie teen jou skouer aangooi, kan jy in jou gedagtes die olifantbul voor die korrel sien staan en jou verbeel jy is een van die grootwild jagters van weleer.

Ben Fourie is ‘n geweer- en jagentoesiasis van Port Elizabeth. Sy e-pos-adres is: fourie@biblesociety.co.za

30 September 2009

4.714285
 
 
  • 3846 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

leon de roubaix 
11 Aug 2010 17:11

Sal graag van enige jagter/eienaar van n krico 270 wil hoor hoe hulle die geweer in die jagveld ervaar, ek het die geweer onlangs bekom maar het nog nie daarmee gejag nie. ek wil ook net noem dat ek meerendeels springbok skiet. Ek vermoed dat die geweertjie redelike skop mag he omdat dit n relatiewe ligte geweer is.

  • antwoord
Johan Venter 
14 Des 2009 15:47

Lewer vir my n bietjie kommetaar oor die 338lupoa

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • John Deere-winkel gewild op Nampo

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • IS SA in pas met koringgradering?
  • 'Vors nasionalisering na'
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction