|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 00:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
'n Verbod op die gebruik van slagysters, die skiet van diere in die nag of die gebruik van jaghonde is geproklameer deur die Wes-Kaapse natuurbewaringsorganisasie CapeNature. Die nuwe wysigings sal van Januarie van krag wees.
Histories was dié jagmetodes in die jaarlikse Jagkennisgewing gelys as metodes om sekere probleemdiere, soos rooikatte en rooijakkalse, te bestry, sê dr. Kas Hamman, direkteur van biodiversiteit van CapeNature.
Jagters kan wel aansoek doen vir permitte om slagysters te gebruik. Dit sal aan die nodige keuring onderhewig wees.
Lees die volledige artikel in Landbouweekblad se uitgawe van 5 Desember 2008.
28 November 2008
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24