Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Potpourri / Jag-en-gewere / Stel-jou-geweer-reg

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:27 May 00:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Stel jou geweer reg in

 
Deur BEN FOURIE

Die paar ribbokke het teen die hang gaan staan. Die ram het lekker oop gestaan. Ek het mooi korrelgevat en die knoppie gedruk. Die foto was nie goed nie, want my mik-en-druk kamera was selfs met sy 12X optiese vermoë nie in staat om die bokkies wat redelik ver gestaan het naby genoeg te bring nie.

Dié "skoot" was gemik op bokke in die Tussen-die-Riviere Wildreservaat waar ek die voorreg gehad het om 'n dag te kuier. Die baie wild het my sommer opgewonde gemaak vir die jagseisoen wat voorlê, maar die episode met die kamera wat nie werklik geskik is om langafstand skote te skiet nie, het my laat dink aan jagters wat veld toe gaan met gewere wat ook nie reg ingestel is om langafstand of enige ander skote te skiet nie.

Ek deel graag 'n paar wenke oor die instel van 'n geweer en dan spesifiek 'n teleskoop. Oop visiere is 'n perd van 'n ander kleur en 'n onderwerp op sy eie. Van laasgenoemde is daar baie verskillende soorte, sommige met allerlei gesofistikeerde maniere om dit te verstel en ander weer heel primitief sodat hulle met 'n hamer en pons verstel moet word.

Teleskoop en monterings

In hierdie artikel kyk ons eers na die teleskoop en sy monterings. In 'n volgende artikel sal ons kyk na die instel van die teleskoop vir verskillende kalibers op verskillende afstande.

Voordat 'n mens eers kan dink aan die inskiet van jou geweer is daar 'n paar dinge wat aandag vra. Heel eerste moet jy baie seker maak dat die teleskoop reg gemonteer is en hier begin jy deur te kyk of al die skroefies nog lekker stewig vas is, want skroewe wat selfs net effens los is, sal onder die terugskop van die geweer veroorsaak dat jy baie bont skiet. Om so 'n geweer te probeer instel is 'n uiterste frustrasie en vermorsing van ammunisie.

Gebruik altyd 'n holgeslypte skroewedraaier. Alle geweerskroewe, het vierkantige gleuwe en 'n gewone skroewedraaier is geneig om uit die gleuf te glip. Ek het op 'n dag hierdie reël verbreek en sit nou nog met 'n teleskoop met 'n lelike krapmerk. Moet ook nie al jou krag op die klein skroefies uitoefen nie, hulle draai maklik af!

As jy 'n nuwe teleskoop moet monteer of om een of ander rede jou eie een moet afhaal en weer terugplaas en daar is nie 'n wapensmid of geweerwinkel naby wat jou kan help nie, is die volgende belangrik.

  • As die teleskoop ringe skroefies net aan die een kant het, soos die ou Weaver monterings, moet jy onthou dat wanneer jy hulle stywer trek, die teleskoop se kruishaar na daardie kant toe sal oorhel. Begin dus met die kruishaar effens oorgekantel na die kant weg van die skroefies af. Vir die meer konvensionele ringe is die geheim om die skroefies oorkruis vas te trek, eers links agter dan regs voor en so aan. Moet nie een skroef heeltemal vas draai nie, elkeen so 'n bietjie op 'n keer.

    Regte afstand

  • Voordat jy die teleskoop té vas het, moet jy dit vorentoe en agtertoe in die ringe skuif totdat dit op die regte afstand vir jou oog is. Lê aan asof jy 'n skoot gaan skiet en dink hier veral hoe jy meesal in die veld gaan aanlê. Jy moet gemaklik voel. Skuif die teleskoop totdat die hele agterste lens skoon is. As daar 'n donker randjie sigbaar is, is die teleskoop nog nie vir jou oog reg ingestel nie. Jy moet nie nodig hê om jou nek te moet rek om die lens skoon te kry nie. Gooi die geweer so 'n paar keer teen jou skouer aan. Jy sal gou agterkom of jy telkens eers jou wang op die kolf moet regskuif om die lens skoon te hê of nie. Dit moet elke keer sonder 'n geskuif van jou wang op die kolf dadelik vir jou 'n skoon prentjie gee.

    Doen hier maar 'n bietjie moeite om die teleskoop op presies die regte afstand te kry en jy pluk die vrugte in die jagveld.

  • Om die teleskoop te fokus moet jy maar weer korrel asof jy gaan skiet, maar hierdie keer na die blou lug toe en nie na 'n voorwerp nie, want jy wil die kruishaar in fokus kry. Maak nou die fokusring aan die agterkant los en draai die agterste lens totdat die teleskoop helder gefokus is.
  • Die grootste probleem wanneer jy 'n nuwe teleskoop monteer of jou ou teleskoop dalk in die veld 'n harde stamp gekry het, is om die kruishaar en die teiken net eers min of meer bymekaar te kry. Die geweerwinkel en wapensmid het 'n apparaat wat 'n kollimator genoem word en hulle werk baie vergemaklik. Die apparaat het verskillende kaliberdikte penne wat voor in die loop pas en dan kyk jy deur die teleskoop in die kollimator se lens in waar jy 'n ruitpatroon sien waarvolgens jy dan jou teleskoop instel.

    Maak 'n ander plan

    Ons gewone ouens besit natuurlik nie 'n kollimator nie en moet 'n ander plan maak. Sny twee gleuwe in 'n karton en laat jou geweer stewig daarin lê. (sien foto). Jy kan dit sommer in jou agterplaas doen, maar maak net seker die bure dink nie jy is 'n gevaar en bel dalk die polisie nie. Vat 'n ander karton en maak 'n swart kol so ongeveer die grootte van 'n R2 stuk. Sit nou laasgenoemde karton so 25 treë weg. Haal die slot uit die geweer, kyk deur die loop en skuif die karton met geweer en al totdat jy die kol in die middel van die loop sien asof die loop jou visier is. 'n Mens se oog sentreer net soos met 'n gaatjievisier self die kol outomaties in die middel van die loop. Draai nou jou teleskoop se verstellings totdat die kruishaar ook presies op die kol gerig is. Die teleskoop sal nou op 25 treë baie naby aan die kol skiet.

    Sommige skuts hou hier op en glo dat die geweer nou reg is vir 25 treë en sommer ook op 100 in die kol sal wees, maar die groot instellery op die skietbaan lê nou eers voor.

  • Ben Fourie is 'n geweer- en jag-entoesias van Port Elizabeth. Skryf aan hom by: fourie@biblesociety.co.za

    12 Mei 2009

  • 3.90909
     
     
    • 4440 keer gelees

    Geborgde skakels


    Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

    Kwaliteit Saad

    Die toekoms is in jou land

    In lyn met die boer

    MSD Animal Health

    Our brand new website

    Daaglikse nuusbrief

    Weeklikse nuusbrief

    Teken In

    • Registreer as gebruiker
    • Wagwoord vergeet?

    E-pos forum

    • Waarom is boere so stil?
    • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
    • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
    • Boom Lusern en siektes
    • Nekklamp vir beeste
    meer...

    Gewildste stories

    Vandag

    • Gids vir identifikasie van vee
    • John Deere-winkel gewild op Nampo

    Immergroen stories

    • RSS-voere
    • E-pos foto's aan ons

    Pas gelees

    • 'Basuin grond-vordering uit'
    • 'Basisverhandeling vind nie plaas'
    • Wie is ons?
    • Kontak ons
    • Gebruiksvoorwaardes
    • SMS-diens
    • RSS-voere
    • Teken in op LBW
    • LBW-argiewe
    • Vennote

    Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

    Web Development by FormFunction