Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Potpourri / Jag-en-gewere / Struweling-onder-jagters-onnodig

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:27 May 00:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Struweling onder jagters onnodig

 
LUCAS POTGIETER

Die skorsing van die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging uit die Konfederasie van Jagtersverenigings het groot ontsteltenis in jaggeledere veroorsaak.

Die aankondiging deur die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SAJV) dat hy deur die Konfederasie van Jagtersverenigings van Suid-Afrika (Chasa) as lid geskors is, het skokgolwe deur jaggeledere gestuur. Hierdie aankondiging is begin November 2003 op die jaarvergadering van die SAJV in Pretoria gedoen.

Wat veral gekrap het, is dat die skorsing op 'n tydstip plaasgevind het toe die behoefte aan eenstemmigheid tussen alle jagorganisasies - danksy die nuwe vuurwapenwet — op sy dringendste was. By diegene wat oor baie jare heen met jagtersverenigings in Suid-Afrika te doen gehad het, het hierdie gebeurtenis 'n wrang smaak gelaat. Dit is veral die redes wat tot die skorsing gelei het wat duisende lede van die verenigings ontstel het, hoofsaaklik omdat die SAJV die grootste en oudste van die verenigings is.

Die SAJV is meer as 50 jaar gelede in Pretoria gestig. Die naam van die vereniging is gekies omdat dit destyds die enigste jagtersvereniging in Suid-Afrika was. Die doel was nooit dat dit eendag Suid-Afrika se enigste jagtersvereniging sou wees nie. Daarom was daar geen beswaar toe die Vrystaat, Natal, die Suid-Kaap, die Oos-Kaap, Grens, die Bosveld, die Hoëveld, die Laeveld en ander streke besluit het om soortgelyke, onafhanklike verenigings te stig wat na hul eie belange sou omsien nie.

Die kwessie van eie belang en eie gebied is oor die jare heen ook sterk deur die SAJV nagevolg en gepropageer.

Vanweë die skerp groei in die wildbedryf en ook in jagtersgeledere, het daar in latere jare 'n behoefte aan 'n oorkoepelende organisasie ontstaan wat oor gemeenskaplike sake sou besluit. Onder die voorsitterskap van mnr. Lou van der Merwe het die verskillende verenigings byeengekom en Chasa gestig. Vir baie jare het dit met Chasa goed gegaan.

Toe kom die nuwe Regering met sy nuwe wette. Dit was dadelik duidelik dat jagtersverenigings in die nuwe bedeling 'n groter en belangriker rol sou speel in gemeenskaplike sake, soos vuurwapenbesit en die toekenning van vuurwapenlisensies.

Tot 'n jaar of drie gelede was daar bitter min jagters in Suid-Afrika wat tot 'n jagtersvereniging behoort het. Dié wat wel lede was, het min belangstelling in die bedrywighede van die verenigings getoon. Jaarvergaderings is somtyds deur minder as 10 % van die lede bygewoon. Hulle was gewoonlik trofeejagters.

Dit is twyfelagtig of 2 % van die totale getal jagters in ons land aktiewe lede van jagtersverenigings was, al het die verenigings hulle daarvoor beywer om meer lede in hul gebiede te werf.

In die nuwe bedeling het dit duidelik geword dat Suid-Afrika se jagters moet saamstaan as hulle, soos in baie ander lande, wil voortgaan om hul sport te beoefen. Dit is deur die jagtersverenigings verkondig en die gevolg was dat duisende jagters by verenigings aangesluit het. Die vereniging wat die vinnigste gegroei het, was die SAJV, wat hoofsaaklik in Pretoria gefunksioneer het.

Die hoofrede waarom dié vereniging so vinnig gegroei het, is omdat die jagtersgemeenskap in hierdie streek verreweg die grootste in Suid-Afrika is. 'n Tweede, belangrike, rede is die naam wat destyds toevallig gekies is. Baie mense glo dat die "Suid-Afrikaanse Jagtersvereniging" daar vir Suid-Afrika se jagters is, terwyl die Bosveld-jagtersvereniging, om 'n voorbeeld te noem, net vir mense in die Bosveld is.

'n Derde rede is dat selfs die SA Polisiediens dit skriftelik aan sekere vuurwapenkopers gestel het dat hulle by die SAJV moes aansluit. Ook by hulle was daar dus verwarring oor hoe die verskillende verenigings in mekaar pas.

Die belangrikste rede vir die toename in die ledetal van jagtersverenigings is egter dat die nuwe wet vereis dat jy slegs 'n toegewyde jagter kan word indien jy lid van 'n toegewyde jagtersvereniging is. Mense het verkeerdelik die afleiding gemaak dat jy nie sal kan jag of 'n jaggeweer sal kan besit tensy jy lid van 'n jagtersvereniging is nie. Met die baie jagters in veral die Gauteng-gebied was dit die SAJV wat hier die meeste baat gevind het.

'n Newe-effek is dat sommige van die verenigings oornag groot besighede geword het. Uiteraard het hul inkomste aan ledegeld skerp toegeneem. Miskien het ou Mammon besluit om ook by jagtersgeledere aan te sluit sodat hy ook 'n happie van die koek kon kry. Skielik was die "gentleman's agreement" dat die een vereniging nie die grense van die ander sou oorsteek nie, vol gate en onaanvaarbaar. Die begrip, "Pretoria en omgewing", is liggies gerek na "Kaappunt en nog 'n bietjie verder".

Die jagters in die land wil weet wat dan verkeerd gegaan het dat 13 ander verenigings eenparig besluit het om die SAJV as lid van Chasa te skors. Was dit nou regtig nodig om 'n skeuring in jagtersgeledere te veroorsaak? Waarom wil die SAJV nou skielik die jagsport mobiliseer deur takke te stig in gebiede wat tradisioneel onder ander verenigings val?

Ons is veral bekommerd oor die aantyging dat die hoofrede vir die skorsing gaan oor die feit dat die SAJV — sonder die medewete van Chasa — vir homself akkreditering gereël het, terwyl die ander Chasa-lede salig geglo het dat die SAJV ook namens Chasa optree.

Die 13 of meer ander verenigings was veral bekommerd dat die SAPD sou weier om ook hulle te akkrediteer nadat hulle aan die SAJV die erkenning gegee het. Dit sou beteken dat alle toegewyde jagters in Suid-Afrika wetlik verplig sou wees om uit hul eie verenigings te bedank en by die SAJV in Pretoria aan te sluit.

Gelukkig was daar goeie nuus. Ná samesprekings tussen die SAPD en Chasa het die polisie besluit om ook die ander verenigings wat by Chasa geaffilieer is, te akkrediteer. Jagters kan besluit van watter vereniging(s) in hulle omgewing, hulle lid wil wees. Met die mag wat deur die nuwe vuurwapenwet aan jagtersverenigings gedelegeer word, is 'n monopolie van een streek, selfs om politieke redes, onaanvaarbaar.

Die verenigings wat tot dusver deur Chasa akkreditasie ontvang het, is die volgende:

  • Amatola-Jagtersvereniging.
  • Border Hunting Club.
  • Bosveld-jagters- en wildbewaringsvereniging.
  • Hoëveld-jagters- en wildbewaringsvereniging.
  • Kaapse jagters- en wildbewaringsvereniging.
  • Kalahari-jagters- en wildbewaringsvereniging.
  • KwaZulu-Natalse Jagters- en Wildbewaringsvereniging.
  • Laeveldse Jagters- en Wildbewaringsvereniging.
  • Noord-Kaapse Jagtersvereniging.
  • Noordwes-jagters- en Wildbewaringsvereniging.
  • Oos-Kaapse Wildbestuursgenootskap.
  • Suid-Kaapse Jagters- en Wildbewaringsvereniging.
  • Vrystaatse Jagters- en Wildbewaringsvereniging.

    Is lidmaatskap verpligtend?

    Is dit verpligtend om lid van 'n jagtersvereniging te wees? Die antwoord is 'n onomwonde "nee". Baie wapeneienaars is onder die indruk dat die wet hulle verplig om lid van 'n jagtersvereniging te wees. Dit is nie so nie.

    Dit is trouens jammer dat sommige van die verenigings, ook in hul nuusbriewe, lede wou bang praat deur die indruk te wek dat 'n mens jou jaggewere kan verloor as jy nie hul ledegeld betyds betaal nie. Ek het self op 'n ledevergadering moes luister hoe geweereienaars hieroor die verkeerde inligting ontvang.

    Verreweg die meeste Suid-Afrikaanse jagters is "geleentheidsjagters". Dit beteken dat hulle drie of minder jaggewere besit om so 'n paar keer per jaar hierdie tydverdryf te beoefen. Volgens die wet is 'n geleentheidsjagter iemand wat van tyd tot tyd aan jagaktiwiteite deelneem, maar wat nie lid van 'n geakkrediteerde jagtersvereniging is nie.

    Die meerderheid jagters val in hierdie kategorie en hoef nie aan 'n jagtersvereniging te behoort nie. Navorsing by een van ons universiteite het getoon dat hierdie groep ook oor die algemeen in die hoër inkomstegroepe val.

    Die wet bepaal dat slegs "toegewyde jagters" verplig is om aan 'n vereniging te behoort. Die wet definieer 'n toegewyde jagter as iemand wat aktief by jagaktiwiteite betrokke is en wat lid van 'n geakkrediteerde vereniging is.

    Wat gaan ons nou doen? Ek weet nie. Ek kan ook nie aan 'n oplossing dink nie. Miskien het ons toegelaat dat dinge te ver gegaan het.

    Daar is selfs gerugte dat daar mense is wat die verenigings wil gebruik om vir hulself 'n nes te skrop. Só iets kan die jagters in hierdie land nie bekostig nie, want as dinge nóo skeef loop, gaan ons uiteindelik almal daaronder ly. Soos die meisie in die liedjie met die titel: "Een aand op die trein na Pretoria."

    22 Oktober 2004

  • 5
     
     
    • 2929 keer gelees

    Geborgde skakels


    Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

    Kwaliteit Saad

    Die toekoms is in jou land

    In lyn met die boer

    MSD Animal Health

    Our brand new website

    Daaglikse nuusbrief

    Weeklikse nuusbrief

    Teken In

    • Registreer as gebruiker
    • Wagwoord vergeet?

    E-pos forum

    • Waarom is boere so stil?
    • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
    • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
    • Boom Lusern en siektes
    • Nekklamp vir beeste
    meer...

    Gewildste stories

    Vandag

    • Gids vir identifikasie van vee
    • John Deere-winkel gewild op Nampo

    Immergroen stories

    • RSS-voere
    • E-pos foto's aan ons

    Pas gelees

    • Word koringboere ingeloop?
    • Koring-oesskatting laer
    • Wie is ons?
    • Kontak ons
    • Gebruiksvoorwaardes
    • SMS-diens
    • RSS-voere
    • Teken in op LBW
    • LBW-argiewe
    • Vennote

    Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

    Web Development by FormFunction