Vuurwapens: Amnestie verleng

 
Vuurwapen. Foto: www.witness.co.za
Vuurwapen. Foto: www.witness.co.za

Diegene wat in besit van onwettige vuurwapens is se amnestietydperk om dié wapens by die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in te handig, is met vier maande verleng. Wapens kan nou tot 11 April volgende jaar inhandig sonder vervolging, luidens ‘n berig op IOL.

Mnr. Nathi Mthethwa, Minister van Polisie, se voorstel vir die verlengde amnestietydperk is vandeesweek in die Parlement aanvaar. “Die amnestie verskaf ‘n werkswyse waar enige vuurwapen, wettig of onwettig, aan die polisie oorgegee kan word sonder vrese van vervolging,” sê mnr. Zweli Mnisi, woordvoerder vir die Ministerie van Polisie.

Hy sê onwettige vuurwapens kan by enige polisiestasie ingehandig word en die betrokke polisiebeampte moet ‘n kwitansie vir die wapen en alle bykomende ammunisie verskaf. Die wapens sal bymekaar gemaak word en volgens die regulasies vir die beheer van vuurwapens vernietig word. Die proses vir diegene wat gelisensieerde vuurwapens wil inhandig is egter nie dieselfde nie.

“Die meerderheid van rowe word met vuurwapens gepleeg terwyl ‘n groot aantal moorde met onwettige vuurwapens gepleeg word. Die vermindering van die hoeveelheid vuurwapens in sirkulasie is ‘n belangrike deel van die SAPD se strategie om geweldsmisdaad te bestry,” sê Mnisi.

Bron:
IOL

11 November 2009

0
 
 

Kommentaar

Onbekende besoeker 

Ek het 'n haelgeweer en 'n .22 ge-erf. Ek wil dat my twee seuns wettiglik daarvoor aansoek doen. Indien hulle nie lisensies kry nie en my wapens deur die SA{S gevat word sonder vergoeding gaan ek as oud soldaat my kontakte gebruik om vir om elkeen 'n AK 47 te kry. Ons gewone wetsgehoorsame belasting betalers is nou gatvol vir drakoniese wette wat op ons afgedwing word en ons is moeg om hande gevou te sit en uitgemoor te word.

Butch

Met die nodige respek, die Agbare Minister verdwaal al weer in sy woud van onkunde. Dit is tog nie die "vuurwapens in sirkulasie" wat die oorsaak van misdaad is nie. Dis die onwettige vuurwapens in sirkulasie wat rowers em moordennars uitruk as hul hul misdade pleeg. Die Minister moet tog nie by implikasie die eienaars van wettige "vuurwapens in sirkulasie" hierby insleep nie. En kan die Minister ons dalk sê wat hy gaan doen met die blykbaar tonne ongelinsensieerde vuurwapens in sy Party se besit en of dit ook nou soos dit van 'n mooi soet en verantwoordelike landsburger verwag word, by die SAPD ingehandig gaan word? Of geld anders reëls en wette vir dié party? Dit sal die wetsgehoorsame vuurwapeneienaars bitter die bliksem in maak.

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.