Vuurwapens: Skikking moontlik

 
Vuurwapens. Foto: www.news24.com
Vuurwapens. Foto: www.news24.com

Die hofsaak van die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) oor die grondwetlikheid van sekere aspekte van die Vuurwapenwet is op versoek van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) uitgestel met die oog op ’n moontlike skikking.

Die saak sou op Maandag 29 Maart aangehoor word. Houers van lisensies, sogenoemde “groenlisensies”, wat ingevolge die vorige Vuurwapenwet (Wet 75 van 1969) uitgereik is, se wettige status is uitsluitlik afhanklik van die uitspraak van dié hofsaak.

Houers van dié lisensies het dus tot dan wettige en geldige lisensies en hoef nie teen 11 April vanjaar hul vuurwapens ingevolge die SAPD se amnestie vir onwettige vuurwapens in te lewer soos sommige mense beweer nie, sê die SAJWV in ’n verklaring.

Die amnestie is toegestaan vir mense wat geen lisensies het nie en het nie betrekking op die hofsaak nie. Hy het die amnestie gesteun om wettige vuurwapenbesit te bevorder, sê die SAJWV.

Lees meer in Landbouweekblad se uitgawe van 9 April 2010.

7 April 2010
 

5
 
 

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.