‘Vuurwapenwet sal nie verander’

 
Vuurwapen. Foto: WALLPAPERSWEB
Vuurwapen. Foto: WALLPAPERSWEB

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) ontken dat hy wettige vuurwapeneienaars wil “boelie” om hul wapens in die amnestietydperk van 90 dae in te handig.

Hy sê egter terselfdertyd hy is só vol vertroue dat die komende hofsaak oor die grondwetlikheid van elemente van die Wet op Beheer van Vuurwapens in sy guns beklink gaan word, dat hy die saak wil vervroeg om dié eienaars ook die kans te gee om van die amnestie gebruik te maak.

Só het me. Jenni Irish-Qhobosheane, sekretaris van Polisie, by navraag aan Landbou.com gesê. Irish-Qhobosheane sê die Polisie wil samespreking met vuurwapenorganisasies voer om ’n skikking te probeer bereik.

Indien dít nie suksesvol is nie, wil die SAPD kyk of die hofdatum nie vervroeg kan word om wettige vuurwapeneienaars wat wag vir hernuwingslisensies ook die kans te gee om van die amnestie gebruik te maak.

‘Die wet sal nie verander’
Vuurwapeneienaars wat om hernuwingslisensies aansoek gedoen het, is ingevolge ’n Hooggeregshof-uitspraak verlede jaar steeds wettig in besit van hul wapens totdat die hofsaak op 29 Maart aangehoor word. Die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) pak die Polisie oor die grondwetlikheid van sekere aspekte van die Vuurwapenwet.

Volgens Irish-Qhobosheane is die polisie se regspan oortuig dié aspekte is nie ongrondwetlik nie. “Die Vuurwapenwet sal nie verander of aangepas word nie,” het sy gesê. Die Minister van Polisie, mnr. Nathi Mthethwa, het die amnestie van 11 Januarie tot 11 April vanjaar op ’n byeenkoms van die Nasionale Persklub amptelik bekend gestel en die oogmerke uiteengesit.

Misdadigers gewaarsku
“Die poppe gaan dans,” het hy misdadigers in goeie Afrikaans gewaarsku, hoewel die boodskap dalk doeltreffender in een van die ander landstale sou wees. Dit blyk die Polisie hoop steeds dat misdaad sal daal met die inhandiging van vuurwapens. Die SAPD het ook groter sigbaarheid van die Polisie in gedagte.

Met verwysing na onwettige wapens wat deur die ANC gedurende die “struggle” die land ingesmokkel is, het Mthethwa ’n beroep op mense gedoen wat inligting oor wapenopslagplekke het om na vore te kom.

“Ons wil van álle onwettige wapens ontslae raak,” sê hy.

12 Januarie 2010
 

0
 
 

Kommentaar

Gerda Fabricius 

Ons is ook nie ruggraatloos gelos nie.

andmar

Die wet is om burgelikes te ontwapen en nie misdaad te bestry.Vanf 2007 tot einde 2009, tydperk van drie jaar is daar meer as 2000 ja reg 2000 vn die SAPD se EIE wapens as gesteel of vermis aangemeld. En nie nie handwapens nie. Alle kalibers. Nou wonder julle nog waar kry die boewe hulle wapens vandaan? Ek dink ons moet almal ons wapens as gesteel of verlore aanmeld. Dink net watse gaos sal daar dan wees.

Ek hoop van harte die wet word wel verander en alle wapen eienaars in besit van die lisensies onder ou bedeling word as wettig beskou

Jaco Wessels 

Insake die amnestietydperk vir huidige wapenlisensiehouers om vaardigheidstoets te slaag en vir nuwe lisensies aansoek te doen. Kan ek kundige advies kry asb. Ek werk tans in die buiteland - vanaf Februarie 2008, en kan dus nie hierdie amnestietydperk benut nie aangesien ek nie gedurende hiedie tyd S.A. gaan besoek nie. Is dit so dat ek 90 dae het na my permante terugkeer na S.A. (wanneer dit ook al gebeur eendag) om vir die sodanige vaardigheidstoets te kwalifiseer asook aansoek te doen vir die nodige omskakeling na die nuwe lisensies? Deskundige advies sal waardeer word - by voorbat dankie.

Jan Bezuidenhout 

As eenige persoon in Suid-afrika nog dink dat die nuwe wapen "wets-vekragting" enige iets met misdaad voorkooming te doen het rook hy sekerlik ****-i-bos, Berei nou voor vir n aanslag onder die dekmantel van "wettelikheid" deur APLA "AZANIAN POLICE LIBERATION ATTACK" bemagtig deur wetgewing om JULLE TE BREEK ."POPPE GAAN DAANS"....Kom nou man van wie dink jy praat hy (Voormalige terroris) hier!!Minder as 2% van alle misdaad in Suid-Afrika word deur afrikaans sprekers gepleeg.

Butch

Wat laat hierdie dame en haar handlangers dink dat om my bestaande regte om meer as 4 vuurwapens te besit, te skrap, grondwetlik is?

Conrad Jacobs 

Hierdie mense se doel is om ons wet gehoorsame burgers heeltemal te ontwapen. Hierdie man het gese hy wil 'n wapenvrye land he. Die gelisensieerde wapens is nie waarmee die misdade gepleeg word nie, dit is polisie en weermag wapens asook ANC arsenale se wapens wat daarvoor gebruik word. Verder het die polisie baie van die ingehandigdewapens(Wapens wat deur die staat gesteel is) direk ann misdadigers verkoop(Dis 'n feit. Hulle doel is om ons te ontwapen sodat ons almal sonder slag of skoot uitgewis kan word. Dit is 'n rassistiese komplot van die kommunistiese misdadigers wat die land tot in die afgrond in regeer. Weereens word die wetgehoorsame belasting betalende burgers gekriminaliseer en die misdadigers word beskerm en hulle werksomstandighede word verbeter. Die regering en sy handlangers in die polisie stink, die ware misdadigers dra die blou uniforms.Ek wil net vir hulle se dat God nie slaap nie, hy sien deur hulle moordadige gedagtes en slinkse planne.Dit is beter dat hulle hulsef bekeer van hulle wee, want as hulle dit nie doen nie sal hulle geoordeel word deur die Here van die Leerskare!

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.