‘Wapens hou ons veilig’

 
Vuurwapen. Foto: www.wallpapersweb.com
Vuurwapen. Foto: www.wallpapersweb.com

Gewelddadige misdaad in Suid-Afrika toon geen tekens van afname nie en die Minister van Polisie, mnr. Nathi Mthetwa, sê dié misdaad is die rede waarom burgers hulself bewapen. Die Jagtersvereniging meen dít beteken die minister “begryp dat burgers hul fundamentele regte uitoefen om hulself teen misdadigers te beskerm”.

Die kwessie van vuurwapens kry al vir ‘n geruime tyd aandag in die media en pres. Jacob Zuma se opmerking dat te veel landsburgers vuurwapens besit en dat dít tot misdaad bydra is kommerwekkend, sê die Jagtersforum. Dié organisasie meen mense kan hulself die doeltreffend teen misdadigers beskerm as vuurwapenbesit beperk word nie.

“Om wetsgehoorsame burgers se vuurwapens te wil verminder ten einde die hoë vlak van geweldsmisdaad te bekamp, is ‘n drogargument. Geweldsmisdaad kan slegs bekamp word deur die kriminele elemente te arresteer en vuurwapens, wat onwettig in hul besit is, te verminder,” lui ‘n mediaverklaring van die forum.

Die forum stel ook voor dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en wetsgehoorsame burgers ‘n gesamentlike front  vorm teen misdadigers. Om dié doel te bereik sal die indruk dat die polisie diegene wat hulself doeltreffend met ‘n vuurwapen teen misdadigers beskerm, self misdadigers is, moet teenwerk.

Volgens die forum ontmoedig dié stand van sake burgers om misdaad te help bekamp. Hy meen ook dat meer polisielede nie die oplossing is nie, maar dat burgers “ten minste toegelaat word om hulself teen geweldsmisdade te beskerm”.

Voorts voer die forum aan dat misdadigers handwapens en soms aanvalsgewere gebruik, en nie jag- en sportwapens nie. Die gebruik van dié soort wapens behoort dus nie beperk te word nie.

6 November 2009

5
 
 

Kommentaar

Armgat 

Ek ontvang ongeskitheidspensioen van die staat, wat R1070 beloop, is geskei en kry geen onderhoud met die gevolg dat ek nie geld gehad het om deur al die prosesse te gaan om my vuurwapen, waarvan ek die wettige eienaar is, te herlisensieer nie. Ek bly alleen en voel dat die regstelsel my gefaal het. Het iemand vir my raad? Is daar GEEN manier waarop ek my vuurwapen kan behou nie?

UOHAND 

Ek onthou n tyd toe die bordjie gelees het "straler gedreun hou u veilig" .Kom nou manne wanneer sal jul besef dat die selfde manne wat jul vuurwapens wil beperk is die selfde manne wat jul van jul grond af wil he,is die selde manne wat hul eie mense met buite bande dood gebrand/martel het,soos die gesegde ook loop as jul wee kom kom net by!!

Butch

Die Jagtersvereniging is korrek as hy sê Landsburgers het 'n Fundamentele Reg om hulself te beskerm. Dieslefde fundamentele reg het ons om vuurwapens aan te hou. Daarom is dit totaal ongrondwetlik as die Regering ons wil laat verstaan dat hulle ons 'n guns doen om vuurwapens aan te hou en ook hoeveel. Laasgenoemde is 'n totale mistasting, want om my as sportman te beperk tot 4 wapens is weer vir my ongrondwetlik. Daarom is ek 'n voor op die wa voorstander die nuwe "wet' se nek omgedraai MOET word - die Swart Vuurwapeneienaarsvereniging voel uiters sterk hieroor.

Butch

Ek is nie seker of dit die kool die sous werd is om met die SAPD 'n gesamentlike poging te probeer aanwend nie. Hulle is ongelooflik disfunksioneel en is eintlik net in staat om sagte elemente te teiken of wat weinig weerstand bied. Teen misdaad met die omvang van wat ons hier mee te doen het, kan hulle hoegenaamd nie kragte meet nie. Een ervaring is byvoorbeeld waar kinders by drie geleenthede op dieselfde wyse en dieselfde plek inbreek ,die verdagtes hoegenaamd nie opgespoor kan word nie. Dis mos nie polisiëring nie. Nee wat, hulle gaan werk toe. Hulle gaan definitief nie om te werk nie.

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.