’n Groep wilddiewe het verlede week deur wildheinings by die Kariega-wildreservaat, naby Alexandria in die Oos-Kaap, gebreek, luidens ’n berig in die Weekend Post. “Ons wildstroop-eenheid het drie gewapende verdagtes raakgeloop. Skote is afgevuur, maar hulle het ontsnap deur oor die rivier te swem,” sê mnr. Mike Fuller, bestuurder.
Dít volg op die skiet van ’n witrenosterbul deur stropers in September. Mnr. Jaap Pienaar van die Groen Skerpioene in die Oos-Kaap meen die wildstropery is nou op hul voorstoep. Mnr. Dale Howarth, voorsitter van Indalo, ’n organisasie wat 13 van die Oos-Kaap se private wildsreservate verteenwoordig, sê hulle hou nou hul wild teen groot koste 24 uur per dag onder oë.
Hy meen ’n sindikaat is bedrywig en gebruik helikopters om diere op te spoor, waarna hulle of geskiet of op ’n voertuig gelaai en verskuif word. ’n Gesamentlike eenheid om wildstropery in die Oos-Kaap te bestry, is deur ’n groep reservate op die been gebring. ’n maandelikse tarief word vir dié diens betaal.
Bron:
Weekend Post
12 Oktober 2009
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)