Landbou.mobi, Landbouweekblad se selfoon-webwerf, se eerste video-kompetisie is uit die blokke en deelnemers kom in aanmerking om ‘n nuttige geskenkpak los te slaan.
1. Die kompetisie duur vanaf 17 Augustus tot 17 September 2010.
2. Die videogreep mag nie langer as twee minute wees nie.
3. Geen materiaal wat aanstoot kan gee mag aangestuur word nie.
4. Slegs mense wat in Suid-Afrika woon, kan vir die kompetisie inskryf.
5. Landbouweekblad, landbou.com en landbou.mobi sal geen korrespondensie oor die kompetisie voer nie.
17 Augustus 2010
Die wenner van die Wen’n Dorper-stoetram-kompetisie op landbou.com en in Landbouweekblad, is mnr. Richard de Jager van die plaas Sandkraal, Riversdal, in die Suid-Kaap. De Jager het een van die 2 754 SMS’e wat vir die kompetisie ingeskryf is, ingestuur. Sy prys is ‘n Dorper-stoetram wat geskenk is deur mnr. Charl Saunderson van Nooitgedacht, Kenhardt. De Jager sal nou na Kenhardt reis en self sy ram uitsoek uit ‘n groep jong ramme wat die teler daarvoor uithou. De Jager was verheug toe dié nuus aan hom oorgedra is dat hy die kompetisie gewen het. Landbouweekblad is verras oor die meer as 2700 inskrywings wat vir dié kompetisie ontvang is en bedank almal wat deelgeneem het. 25 Mei 2010