Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Potpourri / Kos-en-resepte / 10-minuut-etes-met-sampioene

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:27 May 00:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

10-minuut etes met sampioene

ARINA DU PLESSIS (aduplessis@landbou.com)

'n Handvol sampioene by 'n omelet, bredie of slaai maak dit dadelik spesiaal. Dis ook ideaal as jy in 'n kits moet kosmaak. Geurig, veelsydig, voedsaam en gou om gaar te maak - wat meer kan 'n besige ma vra?

Seekos-en-sampioenkerrie

Blitsig om te maak en heerlik geurig.

1 ui, gekap

30 ml botter

5 ml droë brandrissies

5 ml garam masala

2 ml borrie

250 g wit sampioene

180 g witvisfilette, in blokkies gesny

180 g gemengde seekos

2 tamaties, gekap

125 ml klappermelk

Sout en peper na smaak

Vars koljanderblare

Braai die uie in die botter tot sag. Voeg die brandrissies, garam masala en borrie by. Braai tot geurig. Voeg die sampioene by en braai liggies. Voeg die vis, seekos, tamaties en klappermelk by, bedek en prut vir ongeveer sewe minute tot die vis gaar is. Geur na smaak, roer vars koljanderblare deur en sit voor op Basmatirys.

Genoeg vir vier mense.

Sampioenburgers

4 hamburgerrolletjies

Botter en olie

4 beesvleiskoekies

30 ml knoffelbotter

4 groot bruinsampioene

Groot handvol blaarslaai

4 dik skywe cheddarkaas

Vars gemaalde swartpeper na smaak

Smeer die rolletjies met botter. Verhit 'n bietjie olie in 'n pan en braai die vleiskoekies tot goudbruin en gaar. Verhit die knoffelbotter in 'n ander pan en braai die heel sampioene stadig daarin tot goudbruin en sappig. Sit 'n paar blare op elke rolletjie en die vleiskoekie bo-op. Sit 'n skyf kaas op die warm vleiskoekie en die sampioen bo-op. Skep 'n bietjie van die knoffelbotter in die pan oor en geur met swartpeper. Sit voor met aartappelskyfies of slaai.
Genoeg vir vier mense.

Romerige sampioenpasta

As jy nie lief is vir bloukaas nie, vervang dit met feta of romerige bokmelkkaas.

350 g spaghetti of dun lintnoedels, soos lingiuni, gekook

250 g Portabellini-sampioene, gesnipper

30 ml botter

30 ml koekmeel

Sout en vars gemaalde swartpeper

250 ml warm melk

125 ml room

125 g gerookte ham, gesnipper

25 g (1/4 wiggie) bloukaas, gekrummel

Hou die pasta warm terwyl die sous gemaak word. Braai die sampioene in botter tot gaar. Sprinkel die meel, sout en peper oor en verhit tot dit borrel. Voeg die melk by en verhit tot kookpunt. Prut liggies vir 2-3 minute. Roer die room, ham en bloukaas by, verhit tot die kaas gesmelt is en skep op die pasta. Rond af met vars basielkruidblare. Genoeg vir vier mense.

Romerige hoenderlewers met sampioene

1 ui, gekap

1 knoffelhuisie, fyn gedruk

Botter

250 g hoenderlewers, skoongemaak

250 g knopiesampioene, gehalveer

250 ml hoenderaftreksel

125 ml room

Vars pietersielie

Sout, peper en suurlemoensap

Braai die uie en knoffel in die botter tot sag. Voeg die hoenderlewers en sampioene by en roerbraai tot die lewers gaar is. Voeg die aftreksel by, verhit tot kookpunt en prut tot dik en geurig. Verwyder van die hitte, roer die room by en sprinkel vars pietersielie oor. Geur met sout, peper en 'n skeut suurlemoensap en sit voor op roosterbrood, fyn aartappel of koeskoes.

Genoeg vir vier mense.

Het jy geweet?

  • Buiten veelsydigheid, het sampioene nog 'n lang lys ekstra voordele. Dis uiters gesond, propvol selenium, folien, B-vitamiene, minerale en vesel.
  • Kies altyd sampioene wat glad en ferm is. As dit rof behandel word, kneus dit maklik en kan só waardevolle voedingstowwe verloor.
  • Moenie sampioene was nie. Vee dit met 'n skoon, droë lap af voor jy dit gaarmaak.
  • Vergeet daarvan om net sekere dele van die sampioen in kos te gebruik. Die hele sampioen is eetbaar.
  • Hou sampioene koud. Bêre dit verkieslik in 'n bruinpapiersak in die groentelaai van die yskas. Moenie in lugdigte houers bêre nie - dit bespoedig bederf.
  • Die drie algemeenste soorte is: Wit knopiesampioene, Portabellini-sampioene en groot bruin sampioene.
  • Enige sampioen kan rou ook geëet word.

    17 Maart 2006

  • Rotasie blok

     
    4
     
     
    • 2185 keer gelees

    Geborgde skakels


    Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

    Kwaliteit Saad

    Die toekoms is in jou land

    In lyn met die boer

    MSD Animal Health

    Our brand new website

    Daaglikse nuusbrief

    Weeklikse nuusbrief

    Teken In

    • Registreer as gebruiker
    • Wagwoord vergeet?

    E-pos forum

    • Waarom is boere so stil?
    • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
    • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
    • Boom Lusern en siektes
    • Nekklamp vir beeste
    meer...

    Gewildste stories

    Vandag

    • Gids vir identifikasie van vee
    • John Deere-winkel gewild op Nampo

    Immergroen stories

    • RSS-voere
    • E-pos foto's aan ons

    Pas gelees

    • Natal-boere is gehoorsaam
    • Wintergraan: Produksie stabiel
    • Wie is ons?
    • Kontak ons
    • Gebruiksvoorwaardes
    • SMS-diens
    • RSS-voere
    • Teken in op LBW
    • LBW-argiewe
    • Vennote

    Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

    Web Development by FormFunction