|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 00:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
8 groot, wasagtige aartappels
180ml mayonnaise
60ml suurroom
30ml basielpesto van goeie gehalte
2 wiele fetakaas, fyn gekrummel
125ml fyn gesnipperde agurkies
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
Kook die aartappels in hul skille tot gaar en laat afkoel. Trek die skille af en sny in blokkies. Meng die mayonnaise, suurroom, pesto en geurmiddels na smaak en giet oor die aartappels. Meng deur.
Sprinkel die fetakaas en agurkies bo-oor en bêre in ’n lugdigte houer in die yskas. Laat die slaai kamertemperatuur bereik voor dit voorgesit word.
Lewer 6 porsies.
Landbouweekblad, 21 Januarie 2011
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Hi Elize
Stuur asb jou kontakbesonderhede vir my en ek sal kyk of ek kan help.
Groete
Corli van der Merwe
cornelia.vdmerwe@landbou.com
0845241188
waar kan ek die landbou weekblad van 11 Desember 1998 opspoor of die inligting om n outydse koeler te bou
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)