Apie-kolwyntjies

Apie-kolwyntjies. Foto: NEVILLE LOCKHART. Bykomstighede: The Plush Bazaar
Apie-kolwyntjies. Foto: NEVILLE LOCKHART. Bykomstighede: The Plush Bazaar

Bestanddele

Basiese kolwyntjies
125 g sagte botter
180 ml strooisuiker
5 ml vanieljegeursel
1 ekstra-groot eier, geklits
550 ml bruismeel
200 ml melk

Basiese botterversiersel
125 g sagte botter of margarien
500 ml versiersuiker, gesif
10 ml vanieljegeursel
Kookwater of louwarm melk

Apie-kolwyntjies
12 standaard-grootte kolwyntjies in geel, bruin of wit papiervormpies
1 x 397 g blik karamelkondensmelk (of maak jou eie gekookte kondensmelk)
12 wit sjokoladekolle
24 bruin sjokoladekolle
24 geel mini-Smarties
80 ml sjokolade-vermicelli
125 ml swart botterversiersel

Vir basiese kolwyntjies: Voorverhit die oond tot 200 °C en voer ’n muffinpan met papiervormpies uit. Verroom botter en strooisuiker goed. Voeg vanieljegeurseleneier byenklits deur.Voubruismeel en melk by belag in.

Maak papiervormpies driekwart vol met beslag en bak vir 12-15 minute, tot liggoudbruin en gaar. Haal uit pan en laat op draadrak afkoel (anders trek papiervormpies los). Lewer 12 standaardgrootte en 24 mini-kolwyntjies. Wenk: Soek vir mini-muffinpanne by supermarkte of bakwinkels.

Vir basiese botterversiersel: Verroom botter of margarien en versiersuiker saam. Klits vanieljegeursel en kookwater of melk by om smeerbare versiersel te kry. Hou aan klits tot lig en romerig. Voeg kleursel by, soos verkies. Lewer 500 ml botterversiersel.

Vir apie-kolwyntjies: Sny bokante van kolwyntjies af om gelyk oppervlak te kry. Smeer goed toe met karamelkondensmelk. Sit wit sjokoladekol effens na onder in middel van elke kolwyntjie.

Sny ’n stukkie aan een kant van elke bruin sjokoladekol af en druk met die gesnyde kant eersteaanweerskantevanelkekolwyntjie inom apies se ore te vorm. Pak twee mini-Smarties bowitkolvir ogies. Sprinkel ’n bietjie sjokolade-vermicilli bo die ogies.

Skep swart botterversiersel in ’n spuitsak met ’n baie dun punt (of gebruik ’n plastiek-toebroodjiesakkie en knip ’n klein puntjie af) en spuit kolletjies op die oë,asookneusgateen’n glimlagopdiewit sjokoladekolle.

Lewer 12 apie-kolwyntjies.

Landbouweekblad, 27 Augustus 2010

Rotasie blok

 
0
 
 

Kommentaar

lily groenewald 

Dalk idee vir bakerman day

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.