|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 00:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Pikante tamatiesous
1 ui, baie fyn gekap
30 ml (2 E) olyfolie
2 knoffelhuisies, fyn gedruk
1 x 410 g blik gekapte tamaties
10 pikantrissies (Peppadews) fyn gesnipper
Sout, peper en suiker na smaak
Burgers
6-8 broodrolletjies
Botter, vir smeer
250 g rugspek
6-8 eiers
Blaarslaai
2 avokado’s, geskil en in skywe gesny
Vars gemaalde swartpeper na smaak
Tamatiesous: Braai die uie in die olie tot sag en deurskynend. Voeg die knoffel by en braai vir ’n minuut of twee. Voeg die tamaties en pikantrissies by en verhit tot kookpunt. Geur met sout, peper en suiker en laat prut tot die sous dik en geurig is. Laat afkoel tot kamertemperatuur en bêre in die yskas. Maak die sous warm voor jy dit op die burgers skep.
Burgers: Sny die rolletjies oop en smeer met botter. Braai die spek in ’n droë pan tot gaar en bros (of rooster dit in die oond). Braai die eiers in dieselfde pan tot gaar na jou smaak. Sit ’n paar slaaiblare op elke rolletjie, gevolg deur ’n paar skywe avokado, ’n paar stukkies spek, ’n eier en ’n skep van die louwarm, pikante tamatiesous. Maal swartpeper oor en sit dadelik voor.
Lewer 6-8 porsies.
Landbouweekblad, 11 Junie 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)