|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 00:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
250 g skulpie-pasta
30 ml olyfolie
20 g botter
100 g preie
125 g spek, in blokkies gesny
2 ontbeende, ontvelde hoenderborsies, in blokkies gesny
30 ml balsamiese room
Sout en varsgemaalde swartpeper
250 g vars ertjies (of gevries)
30 g roketblare
Kook die pasta in soutwater tot al dente en dreineer. Verhit die olyfolie en botter in ’n kastrol of diep pan en braai die preie vir ’n paar minute. Roer die spek by en braai tot gaar.
Hou die spek en preie in die kastrol en roer die hoender by. Braai tot net gaar en geur met sout en peper. Roer balsamiese room by en klam aan met ekstra olyfolie indien nodig. Roer die ertjies by en sit voor met die roketblare en pasta. Genoeg vir vier tot ses mense.
27 Junie 2011
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)