Beesvleis-potpastei

Beesvleis-potpastei. Foto: NEVILLE LOCKHART
Beesvleis-potpastei. Foto: NEVILLE LOCKHART

Bestanddele

30 ml olie
750 g beesvleisblokkies
2 uie, grof gekap
3 knoffelhuisies, fyn gedruk
10 ml paprika
1 blik (410 g) gekapte tamaties
250 ml beesvleisaftreksel
10 ml bruinsuiker
Sout en vars gemaalde swartpeper
125 ml suurroom
1 x 400 g rol reg-om-te-gebruikbroskorsdeeg
1 eier, geklits

Verhit olie in ’n swaarboompot en braai vleisblokkies bruin. Voeg uie en knoffel by en braai tot uie sag is. Voeg paprika by, braai liggies en voeg tamaties, aftreksel, bruinsuiker, sout en peper by. Verhit tot kookpunt. Bedek pot, verlaag hitte en prut vir 1½-2 uur of tot vleis sag en sous dik is. Verwyder van hitte en geur na smaak. Roer suurroom deur.

Skep die bredie in ’n oondvaste bak (of individuele bakkies) en laat afkoel. Voorverhit die oond tot 200 °C. Rol die deeg effens dunner uit op ’n meelbestrooide oppervlak en sny ’n stuk deeg uit om die pasteibak (of bakkies) te bedek. Sit die deeg bo-op die afgekoelde vulsel en verf met geklitste eier. Gebruik afvalstukkies deeg om die pastei bo-op te versier of om die rante mooi te maak.

Bak vir 30-45 minute tot die deeg goudbruin en gaar en die vulsel borrelend is. Sit voor met rys en slaai.

Lewer 4-6 porsies.

Landbouweekblad, 23 Julie 2010

Rotasie blok

 
5
 
 

Kommentaar

Marcelle du Plessis 

Hierdie is 'n heerlike resep! Ek het net chilli beef aftreksel en chilli aromat vir smaak gebruik, dis uitstekend!

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.