Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Potpourri / Kos-en-resepte / Blikke-vol-beskuit

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Dinsdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:39
Sonsondergang: 17:45

Kaapstad

Bygewerk:27 May 01:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:76%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Blikke vol beskuit

ARINA DU PLESSIS (aduplessis@landbou.com)

Beskuit is altyd 'n staatmaker as gaste onverwags inloer vir koffie of om honger kinders tevrede te hou. Probeer een van dié maklike resepte om jou voorraad 'n hupstoot te gee.

Semelbeskuit

800 ml kookwater

375 ml suiker

350 g margarien

3 ekstra-groot eiers, geklits

1 kg (7 k) bruismeel

15 ml bakpoeier

10 ml sout

5 ml kremetart

500 ml semels

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer 'n oondpan met margarien. Voer die bodem uit met bakpapier. Meng die kookwater, suiker en margarien tot gesmelt. Laat afkoel en klits die eiers by. Sif die bruismeel, bakpoeier, sout en kremetart saam. Roer die semels by. Voeg die eiermengsel by en meng tot 'n dik beslag. Skep in die voorbereide panne en bak vir 1 uur tot gaar. (Dit sal hol klink as jy met jou kneukels teen die onderkant van die pan klop.) Laat 'n paar minute in die panne afkoel en keer dan uit op 'n draadrak. Wanneer afgekoel, sny in vingers. Laat oornag in 'n lou-oond uitdroog teen ongeveer 50 °C.

Lewer ongeveer 72 stukke.

Kondensmelkbeskuit

2,5 kg koekmeelblom

20 ml sout

400 ml suiker

20 g (2 sakkies) kitsgis

2 ekstra-groot eiers

1,5 liter louwarm water

250 g botter of margarien, gesmelt

1 blik (397 g) kondensmelk

Sif die meel en sout saam. Voeg die suiker en kitsgis by. Meng die eiers, lou water, margarien en kondensmelk en voeg by die droë bestanddele. Meng tot 'n deeg. Knie die deeg sowat 10 minute tot dit glad en elasties is. Plaas die deeg in 'n geoliede bak, bedek en laat 20 minute rys. Knie deeg af en rol in balletjies. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer drie 2-liter-broodpanne met olie. Pak die deegballetjies in die panne en bedek met 'n vel geoliede waspapier. Laat staan op 'n warm plek om te rys tot dubbel in volume (dit duur ongeveer 30 minute). Bak vir 30 minute tot uitgerys en goudbruin. Keer uit op 'n draadrak tot louwarm. Breek in stukke en laat heeltemal afkoel. Droog oornag in 'n lou-oond uit teen ongeveer 50 °C.
Lewer ongeveer 200 stukke beskuit.

Luukse gesondheidsbeskuit

4 x 250 ml bruismeel

25 ml bakpoeier

10 ml sout

500 ml volkoringmeel

500 ml semels

250 ml muesli

200 ml sonneblomsaad

125 ml pitlose rosyne

100 g pekanneute, gekap

400 g koue margarien, gerasper

500 ml karringmelk of natuurlike jogurt

450 ml suiker

50 ml heuning

10 ml bruinasyn

2 ekstra-groot eiers

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer twee 1-liter-broodpanne met margarien. Sif die bruismeel, bakpoeier en sout saam. Voeg die volkoringmeel, semels, muesli, sonneblomsaad, rosyne en pekanneute by. Voeg die gerasperde margarien by en vryf goed in. Klits die res van die bestanddele saam en voeg by die meelmengsel. Roer tot goed gemeng. Skep in die pannetjies en bak vir 50?60 minute tot gaar. Keer uit, laat effens afkoel en sny in vingers. Laat oornag in 'n lou oond uitdroog teen ongeveer 50 °C.
Lewer ongeveer 60 stukke beskuit.


26 Maart 2004

Rotasie blok

 
5
 
 
  • 5100 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Boereworspasta

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Bitter tyd vir suikerboere
  • Bewering oor GM saad 'verdag'
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction