|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 01:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 76% |
| Wind: |
Twee maklike resepte uit 'n oulike boekie* sal in 'n
japtrap vir kos op die tafel sorg.
Vinnige aandete
Dié variasie op die gewilde soutigheid
bly altyd 'n treffer.
3 eiers, geskei
1 blik (390 g) Prima Weense worsies
1 blik (340 g) heelpit mielies
250 ml kaas, gerasper
500 ml vars broodkrummels
Witsous
45 ml botter botter
45 ml koekmeel
500 ml louwarm melk
sout en rooipeper na smaak
Stel oond op 180°C en smeer 'n vuurvaste bak van 180 mm x 300 mm.
Klits eiergele en voeg die eerste vier bestanddele by. Hou eenkant. Maak nou die witsous. Smelt die botter in 'n swaarboom- kastrol en roer die koekmeel met 'n draadklopper by. Voeg die melk geleidelik by terwyl jy steeds klop. Geur na smaak. Voeg die witsous by die eier-worsie-mengsel. Klits die eierwitte styf en vou liggies in. Giet in voorbereide bak en bak sowat 20 - 30 minute.
Lewer ses tot agt ruim porsies.
Noedelgereg
Vinnig en lekker.
500 g maalvleis
1 groot ui, fyn gekap
250 g ontbytspek
1 blik (420 ml) geroomde suikermielies
500 ml gaar noedels
1 blik (425 g) tamatieroomsop
sout en peper na smaak
500 ml gerasperde cheddarkaas
Stel oond op 180°C. Smeer 'n tertbak van 180 mm x 300 mm.
Braai vleis en ui in 'n pan en voeg spek by. Braai nog 'n bietjie tot ui sag en vleis gaar is. Voeg die suikermielies, noedels en sop by en geur. Skep in voorbereide bak en sprinkel gerasperde kaas bo-oor. Bak in voorbereide oond tot kaas gesmelt is.
Wenk: Jy kan die kaas met die helfte verminder en dus net 250 ml gebruik.
Vou dan eers dié kaas in die mengsel en sprinkel dan 'n halwe ring fetakaas (gekrummel en gemeng met bietjie vars broodkrummels) bo-oor.
Voeg gerus ook bietjie vars gekapte pietersielie by vir ekstra geur en kleur.
* Onze Keur, ten bate van die NG Kerk Onze Rust, Bloemfontein. Dié boekie van 79 bladsye bevat heerlike resepte wat wissel van slaaie en groente tot resepte uit ouma se kombuis. Dit kos R30 (posgeld ingesluit) en kan bestel word van mev. H. M. Vorster, Sannasposweg 24, Generaal de Wet, Bloemfontein 9301. Tel. 051 522 5643.
6 September 2002
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24