Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Potpourri / Kos-en-resepte / Boerekos-vir-ons-bokkies

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Dinsdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:39
Sonsondergang: 17:45

Kaapstad

Bygewerk:27 May 01:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:76%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Boerekos vir ons bokkies

Deur ARINA DU PLESSIS (aduplessis@landbou.com)

Jurie en Tickey van Boer soek 'n Vrou-faam weet al twee presies hoe om die vrou in hul lewe spesiaal te laat voel. Kyk 'n bietjie watter liefdeskos hulle in gedagte het om hul meisies dié Valentynsdag mee te bederf.

VALENTYNSPYSKAART

Tickey en Selme-Louise

Mosselsop met plaasbrood

Lamtjops a la Tickey

Oondgeroosterde baba-aartappels

Griekse slaai

Crème Brûlée

Mosselsop

1 ui, fyn gekap

45 ml gekapte, vars pietersielie

2 knoffelhuisies, baie fyn gekap

60 ml botter

1 blokkie hoenderaftreksel, gekrummel

60 ml koekmeel

750 ml melk

250 ml water

125 ml witwyn

1 lourierblaar

Sout en swartpeper na smaak

1 blikkie (90 g) gerookte oesters

Ongeveer 20 mossels in die skulp (of 40 halwe skulpe)

Braai die ui, pietersielie en knoffel oor lae hitte in die botter tot sag, maar nie bruin nie. Voeg die hoenderaftreksel en die meel by en roer tot dit borrel. Voeg die melk, water en witwyn by en verhit tot kookpunt, terwyl aanhoudend geroer word. Voeg die lourierblaar, sout en peper by en prut vir ongeveer 10 minute. Voeg die oesters (saam met die vloeistof in die blikkie) en die mossels by. Prut vir vyf minute, proe vir geur en sit voor saam met varsgebakte
brood. Genoeg vir 4-6 mense.

Lamtjops a la Tickey

8 gekneusde knoffelhuisies

100 ml suurlemoensap

25 ml olyfolie

5 ml gekapte, vars roosmaryn

5 ml vars gemaalde swartpeper

8 Karoo-lamtjops

Meng die knoffel, suurlemoensap, olyfolie, roosmaryn en swartpeper saam. Giet oor die tjops (in 'n nie-metaal bak) en laat marineer vir minstens 30 minute. Braai die tjops oor die kole (of rooster onder 'n warm element) vir ongeveer vier minute aan elke kant (moenie té gaar maak nie). Sit voor met aartappels en 'n lekker groenslaai. Genoeg vir vier mense.

Crème brûlée

4 ekstra-groot eiergele

125 ml strooisuiker

500 ml room

5 ml vanieljegeursel

Ongeveer 125 ml strooisuiker, vir die bolaag

Voorverhit die oond tot 150 °C. Klits die eiergele en strooisuiker saam in 'n bak tot lig en dik. Verhit die room stadig tot net onder kookpunt. Giet 'n bietjie van die warm room by die eiermengsel en roer tot glad. Giet alles terug in die kastrol en verhit vir 'n paar minute oor lae hitte, terwyl aanhoudend geroer word, tot die vla dik genoeg is om die agterkant van 'n lepel te bedek. Moenie die vla laat kook nie, dit sal skif. Verwyder van die hitte en roer die geursel by.
Verdeel die vla tussen vier tot ses klein ramekins of oondvaste koppies. Plaas in 'n oondbak en vul die bak met warm water. Bak vir 30-35 minute tot die vla gestol is. Laat afkoel tot kamertemperatuur en verkoel dan in die yskas. (Laat dit verkieslik oornag in die yskas.) Sprinkel 'n opgehoopte eetlepel strooisuiker oor elke bakkie vla. Karameliseer die suiker vinnig met 'n blaasvlam of onder die oond se roosterelement. Laat staan tot die suikerlaag verhard en verkoel tot reg om te bedien. Genoeg vir 4-6 mense.

Tickey en Selme-Louise

Vir dié sjarmante skaapboer van Loxton en sy onderwyseres-nooi is hul eerste Valentynsdag saam iets baie spesiaal. Hulle het 'n romantiese ete onder die Karoo-sterre by die jaghut op die plaas in gedagte. "Die liefde is kosbaar en ware liefde nóg meer so," skryf hulle. "As 'n mens regtig iemand spesiaal in jou lewe het, is dit sowaar 'n kosbare dag wat gevier moet word!" Hulle is albei romantiese siele en vertel hoe hulle op Valentynsdag 'n tafel in die middel van die Karooveld gaan dek vir hul spesiale ete. Met veldblomme en 'n goeie rooiwyn. "En ek sal natuurlik vir haar kosmaak!" sê Tickey. Op die Valentynspyskaart is Tickey se legendariese mosselsop vir voorgereg. (Toe ons dit hier in Landbouweekblad se toetskombuis vir die fotosessie gemaak het, het die span in die ateljee omtrent weggelê daaraan).

Vir hoofgereg:

Lamtjops a la Tickey, gemaak met Karoo-tjops (verkieslik uit die distrik Loxton) wat hy voorsit met aartappels en 'n vars slaai. En vir nagereg Selme-Louise se keuse, Crème brûlée. Om die aand nóg 'n bietjie langer uit te rek, goeie sjokolade en 'n koppie "swartverbrand koudblaas" (dis nou égte moerkoffie).

VALENTYNSPYSKAART

Jurie en Sharon

"Piekniekmandjie" mezze-bord

Pangebraaide beesfilet met brandewyn-pepersous

Oondgeroosterde baba-aartappels

Groenslaai

Roomys-sundae

Mezze-bord

Pak jou gunsteling-piekniekhandkos op 'n paar mooi dienborde uit. Sny 'n vars foccacia in dun skyfies en sit dit voor met olyfolie en balsamiese asyn, twee of drie soorte van jul gunstelingkaas, vrugte, soos druiwe, perskes of vye, 'n paar stukkies koue vleis, soos gerookte ham en twee of drie soorte doopsouse, patee of smere. Só 'n mezzebord is die ideale manier om lekker lank en rustig oor die voorgereg te kuier. Onthou 'n bottel goeie vonkelwyn, rosé of 'n witwyn van jou keuse hierby.

Steak met brandewynsampioensous

Genoeg filet of steak vir 3-4 mense

30 ml Dijon-mosterd

60 ml olyfolie

Sout en vars gemaalde swartpeper

Brandewyn-pepersous

45 ml botter

1 knoffelhuisie, fyn gedruk

15 ml koekmeel

45 ml brandewyn

125 ml melk

30 ml groen peperkorrels, goed gedreineer

Sout en 'n druppel heuning na smaak

Vryf die filet of steaks goed in met Dijonmosterd en pak in 'n nie-metaal bak. Giet die olyfolie oor en draai die steaks om sodat elkeen met 'n olielagie bedek is. Bedek en verkoel vir minstens 1 uur. Haal die steaks uit die yskas en laat terugkeer tot kamertemperatuur.

Maak intussen die sous:

Sit die botter en knoffel saam in 'n pan en verhit tot die botter begin borrel. Sprinkel die meel oor en roer goed deur. Verhit weer tot kookpunt en voeg die brandewyn by. Kook af tot daar ongeveer 15 ml vloeistof in die pan oor is en voeg die melk en room by. Verhit tot kookpunt terwyl geroer word en prut liggies tot die sous dik genoeg is na jou smaak. Roer die peperkorrels by en geur met sout en 'n druppel heuning. Hou eenkant warm. Sodra die steaks kamertemperatuur bereik het, maak 'n riffelpan baie warm en braai die steak (sonder om olie in die pan te gooi, daar is genoeg op die vleis) tot goudbruin en geseël aan elke kant voor jy dit omdraai. Braai tot gaar na smaak en laat rus die vleis vir 'n paar minute voor dit voorgesit word met die brandewyn-pepersous, geroosterde baba-aartappels en groente van jou keuse. Genoeg vir 2-3 mense.

Roomys-sundae

500 ml vanieljeroomys

100 g donker sjokolade, gekap

125 ml room

50 g pekan- of haselneute, gekap

250 ml vars- of Marashino-kersies

1 Flake, grof gekrummel

Vries bolle vanieljeroomys vooraf tot hard. Smelt die sjokolade en room oor lae hitte tot glad. Sit eenkant en laat afkoel tot kamertemperatuur. Gebruik 'n groot roomysglas of glasfles en skep lae roomys, sjokoladesous, neute en kersies daarin. Maak tot bo vol en rond af met ekstra sjokoladesous en Flake. Druk twee lepels in en sit dadelik voor. Genoeg vir twee mense.

Jurie & Sharon

Dié oulike paartjie voel albei dat daar nie net een spesiale dag moet wees waarop die liefde gevier moet word nie, maar dat jy elke dag vir daardie spesiale mens moet wys hoe jy oor hom of haar voel. En duur geskenke is ook nie nodig nie, sommer net 'n klein gebaar soos 'n onverwagse drukkie of 'n klapsoen. Hulle idee van 'n romantiese ete is 'n piekniek. Waar dit is, is nie belangrik nie. Solank hulle saam is, is dit al wat tel. In die piekniekmandjie - 'n lekker brood en verskeidenheid kase, vrugte, koue vleise en 'n doopsous of smeer soos tzatziki - kos wat jy met die hand kan eet. Hulle meen dat te veel mense deesdae verby mekaar lewe en nie genoeg moeite doen om tyd saam deur te bring nie. Vir 'n aansit-ete verkies albei rooivleis. Beesfilet met 'n romerige pepersous, geroosterde baba-aartappeltjies en slaai is nommer een op die lys. Hulle is ook groot seekosliefhebbers en Sharon hou veral van calamari. En om 'n liefdesmaal mee af te sluit? Daar's vir dié twee niks lekkerder as roomys met 'n ryk sjokoladesous nie.

Landbouweekblad, 13 Februarie 2009

Rotasie blok

 
3.5
 
 
  • 4044 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Boereworspasta

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Blitsige aandetes
  • Liewe boer...
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction