Bros sardyne met jogurt-doopsous

Bros sardyne met jogurt-doopsous. Foto: VERSKAF
Bros sardyne met jogurt-doopsous. Foto: VERSKAF

Bestanddele

Doopsous
250 ml (1 k) dik, natuurlike jogurt
1 knoffelhuisie, fyn gedruk
½ groen soetrissie, ontpit en baie fyn gekap
Sap van ½ suurlemoen
60 ml (¼ k) gekapte, vars koljander
3 ml (½ t) fyn komyn
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Bros sardyne
1 x 400 g sardyne-in-tamatiesous
125 ml (½ k) koekmeel
Sout en vars gemaalde swartpeper
1 eier, geklits
Olie vir braai
Suurlemoenwiggies, om mee voor te sit

Vir die doopsous: Meng die jogurt, knoffel, soetrissie, suurlemoensap en koljander saam in ’n bakkie. Geur met komyn, sout en peper. Bedek en verkoel tot nodig.

Bros sardyne: Dreineer die sardyne, maar hou heel. Geur die meel met sout en peper. Doop elke sardyn in geklitste eier en rol dan in gegeurde meel. Braai in warm, vlak olie tot goudbruin en bros. Dreineer op kombuispapier. Sit voor met die jogurtdoopsous en suurlemoenwiggies.

Lewer ses porsies.

Landbouweekblad, 5 Maart 2010

Rotasie blok

 
5
 
 

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.