|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 01:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 76% |
| Wind: |
100 g heel kasjoeneute
3 x 100 g plakke donker sjokolade, gekap
1 x 100 g mentsjokolade, gekap
400 g botter óf margarien
250 ml suiker
5 ml sout
6 eiers
250 ml koekmeel
125 ml kakao
100 g rooi glanskersies, gesnipper
100 g pekanneute, grof gekap
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n oondbak van 32 x 23 x 7 cm goed. Sprei die kasjoeneute egalig op die boom van die pan uit. Smelt die sjokolade en botter saam oor baie lae hitte. Roer gereeld, tot gesmelt. Verwyder van die hitte en voeg die suiker en sout by. Klits tot glad.
Voeg die eiers by en klits goed. Meng die meel en kakao.Voeg die kersies en neute by en voeg laastens die sjokolademengsel by. Skep die beslag versigtig oor die kasjoeneute in die pan en smeer gelyk.
Bak vir 40-50 minute tot daar nog klam krummels aan ’n toetspen vassit as jy dit in die middel van die bruintjies steek. Laat in die pan afkoel en sny in blokkies. Lewer sowat 25 bruintjies.
Nota: Mariska skryf dat sy soms die beslag verdeel en dan ganache op die onderste laag beslag smeer voor sy die res van die beslag opsit. As jy lus is vir iets ékstra dekadent, probeer dit gerus. Ons het egter gevoel die bruintjies is perfek (én ryk genoeg) net soos dit is.
12 April 2011
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Ek is gaande oor die resep. Dit is 'n absolute wenner!!!!!
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)