Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Potpourri / Kos-en-resepte / Die-geure-van-indi

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Dinsdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:39
Sonsondergang: 17:45

Kaapstad

Bygewerk:27 May 01:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:76%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Die geure van Indië

ARINA DU PLESSIS (aduplessis@landbou.com)

Die gedagte aan aromatiese Indiese kos is genoeg om my mond te laat water! Indian Inspiration, the Clover Way, is 'n juweel van 'n kookboek en 'n moet as jy van geurige kos hou. Hier is 'n voorsmakie.

Soji Halva

  • 6 eiers
  • 800 ml 2 % melk (Clover)
  • 7 ml kardamompeule
  • 275 ml Clover-ghee
  • 180 ml semolina
  • 75 ml sultanas
  • 200 ml vars room (Clover)
  • 275 ml Clover-kondensmelk
  • 200 ml gevlokte amandels
  • ekstra gevlokte amandels, om af te rond

    Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer 'n oondbak met botter. Klits die eiers en melk saam, voeg die kardamom by en verhit in 'n swaarboompot oor lae hitte. Voeg die ghee, semolina en sultanas by en roer deur. Verhit, terwyl aanhoudend geroer word, tot die sultanas uitgeswel is en die semolina begin gaar word. Verlaag die hitte en roer tot die mengsel verdik en gaar is. Roer die room, kondensmelk en gevlokte amandels by. (Die mengsel moet soos growwe broodkrummels lyk.) Skep in die voorbereide oondbak en bak tot ferm.
    Sprinkel gevlokte amandels oor en sit voor.
    Genoeg vir 6 mense.

    Eiervrug pulau (vegetaries)

  • 30 ml Clover-gehee
  • 1 groot ui, gesny
  • 300 g basmitirys, gewas en dreiner
  • 2 eiervrugte, in blokkies gesny
  • 5 ml borrie
  • 5 ml rissiepoeier
  • 5 ml komyn
  • 5 ml koljander
  • 5 ml kaneel
  • 5 ml sout
  • 600 ml kookwater
  • 10 ml suurlemoensap

    Verhit die ghee in 'n swaarboompot en braai die ui daarin tot sag en deurskynend. Voeg die rys by en roer tot dit begin wit word. Voeg die eiervrug, spesery en sout by en braai vir 'n paar minute. Voeg die kookwater by en verhit tot kookpunt. Verlaag die hitte en sit die deksel half op. Laat prut tot die rys gaar is. Voeg die suurlemoensap by, vlok met 'n vurk en pas die geurmiddels aan.
    Genoeg vir 4-6 mense.

    Lamsvleis en pampoenbredie

  • 30 ml Clover-ghee
  • 2 uie, gekap
  • 1 knoffelhuisie, fyn gedruk
  • 2 ml neutmuskaat
  • 2 ml kaneel 2 ml vars gemaalde swartpeper
  • 2 rooi brandrissies, gekap
  • 5 ml sout
  • 1 cm vars gemmer, gerasper
  • 500 g lamsribbetjies, in blokkies van 4 cm x 4 cm gesny
  • 200 ml water
  • 500 g pampoen, geskil en in blokke gesny
  • 15 ml suiker
    Verhit die ghee in 'n swaarboompot en braai die ui, knoffel, speserye, rissies, sout en gemmer daarin tot die ui sag en deurskynend is. Voeg die vleis by en braai tot goudbruin. Voeg die water by, bedek en verhit tot kookpunt. Laat prut vir 1 ½ tot 2 uur tot die vleis sag is. Voeg die pampoen en suiker by en laat prut onbedek vir 'n verdere 20 minute, of tot gaar. Sit voor met basmatirys of brood van jou keuse.
    Genoeg vir 4 — 6 mense.

    Hemelse aromas
    Met speserye en kruie word heerlike geur aan Indiese disse gegee.

    Lourierblare: Ons almal ken die deugde van dié geurige blaartjies. Lourierblare is vars of droog te koop. Onthou egter om die vars blare te kap voor dit in kos gebruik word — dit sal die geur vrystel. Droë lourierblare moenie té lank gebêre word nie, aangesien die geur gou verlore gaan.

    Kardamom: Dié groen peule word in baie Indiese en Chinese disse gebruik. Die swart saadjies binne-in word in vleisdisse, rys of birjani gebruik, en ook om garam masala te maak. Dis ook heerlik in melknageregte, soos ryspoeding of boeber.

    Komyn (jeera): Komynsaad is klein, ovaalvormige ligbruin saadjies wat baie soos karwysaad lyk. Dit het 'n kenmerkende geur wat bydra tot baie van die lekker soutige Indiese disse. Dis ook in 'n gemaalde vorm beskikbaar en moet gerooster of gebraai word om die geur vry te stel.

    Gemmer: Vars of droog, gemmer is onmisbaar in Indiese kookkuns en word gebruik in soet- sowel as soutdisse.

    Koljander (dania): Dié vars groen blare is heerlik in kerrie, maar koljandersaadjies het 'n wonderlike geur en word verál in blatjang en soutdisse gebruik. As die saadjies fyn gemaal word, word dit gebruik om masala te maak en ook in soutige disse.

    Maak jou eie garam masala

  • 125 g gemaalde komyn
  • 30 g naeltjies
  • 15 g gemaalde kardamom
  • 60 g witpeper
  • 30 g gemaalde kaneel
  • 500 g gemaalde koljander
    Meng alles saam en bak vir 5 minute teen 140 °C. Laat afkoel en berê in lugdigte houers.

    Geurige tamatiesop

  • 30 ml Clover-ghee
  • 1 klein uitjie, fyn gekap
  • 1 knoffelhuisie, fyn gedruk
  • 1 groen brandrissie, fyn gekap
  • 6 peperkorrels 3 ml komynsaad 3 ml sout
  • 300 g ryp tamaties, geskil en gekap
  • kookwater
  • 1 blik (400 ml) klappermelk
  • room en vars koljanderblare om mee voor te sit

    Verhit die ghee in 'n swaarboomkastrol, voeg die ui en knoffel by en soteer tot sag en deurskynend. Voeg die rissie en speserye by en braai vir nog 'n minuut. Voeg die tamaties by, bedek met kookwater en verhit tot kookpunt. Bedek en laat prut liggies vir 15 minute. Verwerk tot glad. Voeg die klappermelk by en pas geurmiddels aan. Rond af met 'n skeppie room en vars koljanderblare. Genoeg vir 4 — 6 mense.

    21 Mei 2004

Rotasie blok

 
0
 
 
  • 2397 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Boereworspasta

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Antwoord op 'n skrywe
  • The 3 legs of Parasite control
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction