Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Potpourri / Kos-en-resepte / Droomys-met-net-drie-bestanddele

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Dinsdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:39
Sonsondergang: 17:45

Kaapstad

Bygewerk:27 May 01:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:76%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

(D)roomys met net drie bestanddele

ARINA DU PLESSIS (aduplessis@landbou.com)

Roomys, die perfekte somernagereg, is superveelsydig. Jy het ook glad nie 'n lang rits bestanddele nodig om 'n indrukwekkende nagereg daarmee te maak nie.

Diepgebraaide roomys in filo

Nee, dis nie 'n skryffout nie. Diepgebraaide roomys is heerlik en regtig maklik om te maak. Jy moet net nie jou voete sleep in die kombuis nie - vinnig werk is die wagwoord.

500 ml roomys van jou keuse

4 velle filodeeg

60 ml gesmelte botter

Verdeel die roomys in vier porsies, skep op 'n bakplaat en vries tot kliphard. Verf 'n vel filodeeg liggies met gesmelte botter. Sit 'n porsie roomys in die middel van die vel deeg. Vou die kante oor die roomys en draai om, verf weer met gesmelte botter, vou die kante oor en draai om. Herhaal dié proses tot 'n netjiese pakkie gevorm is en daar ewe veel deeg bo, onder en teen die kante van die roomys is. Sorg ook dat die kante van die deeg goed vasgeplak is met gesmelte botter. Herhaal met die ander drie porsies roomys. Pak die voltooide pakkies op die bakplaat en vries tot benodig. Net voor opdiening, diepbraai die pakkies vinnig in baie warm olie tot die deeg net goudbruin is. Skep vinnig uit, verdeel tussen vier borde en sif versiersuiker oor. Sit dadelik voor. Genoeg vir vier mense.

Roomysbombe met karamel

Maklik en vinnig, met net drie bestanddele - só 'n bombe hou lank in die vrieskas. Sny skywe af, soos benodig, en vries die res. Eksperimenteer na hartelus - gebruik enige koek vir die buitelaag en pas die roomys binne-in daarby aan. Jy kan ook die roomys verder geur met gekapte neute, konserf of iets soos peppermentsjokolade. Onthou dat alkohol sal verhinder dat roomys heeltemal hard vries. As jy dus brandewyn of whisky wil gebruik om roomys mee te geur, kook dit eers af sodat die alkohol kan verdamp en laat dit afkoel voor dit by die roomys gevoeg word. Ek het 'n metaalmengbak gebruik om my roomysbombe vir die foto te vorm, maar jy kan 'n koek- of broodpan ook inspan.

1 groot karamelrolkoek OF 1 pakkie mini-karamelrolletjies

1 blik karamelkondensmelk

1 liter toffie-en-vanieljeroomys

Smeer 'n metaalmengbak liggies met olie of bespuit met kleefwerende kossproei. Voer uit met kleefplastiek en smeer of spuit weer. Sny die rolkoek (of klein rolkoekies) in snye en voer die hele bak daarmee uit. (Hou genoeg snye oor om bo-op te pak, dit vorm die basis van die bombe.) Klits die karamelkondensmelk om dit effens sag te maak en smeer dit egalig oor die karamelrolkoek. Sit in die vrieskas vir 5 minute. Skep die roomys in die holte en maak die bak vol tot bo. Smeer gelyk en pak die res van die rolkoeksnye bo-op. Draai dig toe met kleefplastiek of foelie en vries tot hard. Om voor te sit, keer uit op 'n opdienbord en haal die bak en plastiek af. Sny in skywe en sit voor met 'n karamel- of sjokoladesous. Genoeg vir 12 mense.

Suurlemoenmeringue-roomyskoek

Dié is een van my gunstelingnageregte. Ek het die oorspronklike resep lank gelede uit 'n Italiaanse resepteboek gekry - daarin maak hulle natuurlik hul eie roomys, suurlemoensmeer en meringue, maar dié is die kortpadmanier. Jy kan dit tot twee dae vooraf berei. Gebruik weer eens 'n koek- of broodpan hiervoor.

3 pakkies meringuenessies, grof gebreek

1 liter vanieljeroomys, effens sag gemaak

250 ml tuisgemaakte suurlemoensmeer ("lemon curd", sien nota)

Smeer 'n koek- of broodpan liggies met olie of bespuit met kleefwerende kossproei. Voer uit met kleefplastiek en smeer of spuit weer. Voer die basis van die pan uit met 'n enkellaag grof gebreekte meringue. Skep 250 ml roomys bo-oor en smeer gelyk. Smeer 'n dun lagie suurlemoensmeer oor en herhaal met 'n laag meringue. Herhaal die lae en eindig met 'n laag meringue. Draai dig toe in kleefplastiek of foelie en vries tot hard. Sit voor in skywe met 'n vars bessiesous en vrugte.

  • NOTA: As jy nie jou eie suurlemoensmeer wil maak nie, loer by spesialiteitswinkels of 'n tuisnywerheid in vir ordentlike, dik suurlemoensmeer wat met regte botter en vars suurlemoensap gemaak word. Probeer om nie die kunsmatige geel suurlemoensmeer by kettingwinkels hiervoor te gebruik nie - dit sal die eindresultaat bederf.

    Die beste bessie-melkskommel

    Melkskommels tel miskien nie in grootmense se boekies as nagereg nie, maar wys my 'n kind wat sal saamstem! 'n Ware melkskommel word met genoeg roomys gemaak sodat 'n strooitjie regop daarin kan staan. Iets wat met pienk melkpoeier en afgeroomde melk gemaak word, tel nie in dié kategorie nie.

    250 ml vanieljeroomys

    125 ml yskoue volroommelk

    125 ml bevrore bessies

    Verwerk alles saam in 'n voedselverwerker - of gebruik 'n staafmenger - tot dik en glad. Sit dadelik voor. Genoeg vir 1-2 mense.

    Landbouweekblad, 12 Januarie 2007

  • Rotasie blok

     
    0
     
     
    • 3338 keer gelees

    Geborgde skakels


    Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

    Kwaliteit Saad

    Die toekoms is in jou land

    In lyn met die boer

    MSD Animal Health

    Our brand new website

    Daaglikse nuusbrief

    Weeklikse nuusbrief

    Teken In

    • Registreer as gebruiker
    • Wagwoord vergeet?

    E-pos forum

    • Waarom is boere so stil?
    • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
    • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
    • Boom Lusern en siektes
    • Nekklamp vir beeste
    meer...

    Gewildste stories

    Vandag

    • Gids vir identifikasie van vee
    • Boereworspasta

    Immergroen stories

    • RSS-voere
    • E-pos foto's aan ons

    Pas gelees

    • Boran Teling
    • Dagbreek vir 'n Siel
    • Wie is ons?
    • Kontak ons
    • Gebruiksvoorwaardes
    • SMS-diens
    • RSS-voere
    • Teken in op LBW
    • LBW-argiewe
    • Vennote

    Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

    Web Development by FormFunction