Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Potpourri / Kos-en-resepte / Eenpot-etes

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Dinsdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:39
Sonsondergang: 17:45

Kaapstad

Bygewerk:27 May 01:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:76%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Eenpot etes

ARINA DU PLESSIS

Moeg vir jou gewone resepte vir aandete? Probeer een van dié maklike disse - dis ideaal vir die herfstyd wanneer 'n mens lus is vir iets warms.

Hoenderkasserol

1,2 kg hoenderporsies

Sout en peper na smaak

30 ml olyfolie

1 ui, gekap

4 knoffelhuisies, fyn gedruk

750 ml hoenderaftreksel

375 ml langkorrel-witrys

1 blik (410 g) kekerertjies, gedreineer

60 ml suurlemoensap

60 ml vars koljander, grof gekap

15 ml paprika

15 ml vars oreganum

Ekstra vars koljander

Geur die hoender met sout en peper. Verhit die olie in 'n swaarboompot en braai die hoender daarin bruin. Voeg die ui en knoffel by en braai verder tot sag. Voeg die aftreksel, rys, kekerertjies, suurlemoensap, koljander, paprika en oreganum by. Bedek en prut tot ál die vloeistof geabsorbeer is. Geur na smaak, bedek vir nog 'n paar minute en roer 'n handvol gekapte vars koljander deur.

Sit voor met 'n slaai of twee. Genoeg vir agt tot tien mense.

Varkworsiekasserol

30 ml botter

30 ml olyfolie

500 g varkworsies

250 ml eiervrugblokkies, met sout besprinkel

250 ml murgpampoentjieblokkies

1 rooi soetrissie, in blokkies gesny

1 groen soetrissie, in blokkies gesny

1 ui, gekap

3 knoffelhuisies, gekap

2 blikke (410 g) gekapte tamaties met basielkruid

45 ml gekapte pietersielie

Sout, peper en suiker na smaak

Verhit die botter en olie in in 'n swaarboompot. Druk die worsvleis uit die worsderms en braai tot gaar. Breek die stukkies met 'n houtlepel op terwyl dit gebraai word. Spoel die eiervrug onder koue water af en druk droog. Voeg dit saam met die murpampoentjies, soetrissieblokkies, ui en knoffel by die worsvleis. Braai vir ongeveer 7 minute tot gaar. Voeg die tamaties, pietersielie en geurmiddels na smaak by. Prut liggies vir nog 7 minute. Sit voor op rys of koeskoes. Genoeg vir ses tot agt mense.

Varkvleis in kola

Jare terug was daar 'n gier om vleis in gaskoeldrank gaar te maak - as ek moet raai, was dit waarskynklik die Amerikaners se antwoord op die lekker Ierse bredies wat bier in kry. Ek is nie 'n groot voorstander van kook met koeldrank nie, maar ek moet toegee - dié resep het ons almal verbaas. Dit proe eg Oosters.

15 ml olie

1 ui, gekap

4 knoffelhuisies, fyn gedruk

900 g ontbeende varkribbetjies, in blokkies gesny

500 ml kola-koeldrank

2 ekstra knoffelhuisies, fyn gedruk

45 ml sojasous

45 ml gerasperde, vars gemmer

6-8 grasuie, gekap

Sout en peper na smaak

Ekstra vars grasuie, gekap

Verhit die olie in 'n groot swaarboompot en braai die ui en knoffel liggies daarin tot gaar. Voeg die vleisblokkies by en braai tot goudbruin. Voeg die kola-koeldrank by en verhit tot kookpunt. Bedek en prut liggies vir 30 minute. Meng die knoffel, sojasous, gemmer en grasuie en voeg by die varkvleis. Bedek weer en prut vir 'n verdere uur. Haal die deksel af en prut tot die sous effens afgekook is. Roer grasuie deur en sit voor op Basmati-rys.

Genoeg vir vier tot ses mense.

12 Mei 2006

Rotasie blok

 
4
 
 
  • 2881 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • John Deere-winkel gewild op Nampo

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Dranktaks laat koppe draai
  • Dirk blus vure n
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction