Deur ARINA DU PLESSIS
4 Mei 2012

1754 keer gelees | 1 kommentaar


Kors
200 g sjokoladekoekies
100 g gemaalde amandels
125 ml gesmelte botter
Vulsel
2 x 230 g elk houers roomkaas
250 ml suurroom
125 ml strooisuiker
2 ekstragroot eiers
30 ml mielieblom
30 ml kakao
30 ml koekmeel
60 ml haselneutlikeur (soos Frangelico)
45 ml haselneutsjokoladesmeer (soos Nutella)

Voorverhit die oond tot 160 °C. Verwerk die koekies tot krummels en voeg die gemaalde amandels en botter by. Meng goed. Skep in ’n losboomkoekpan van 22 cm en druk die krummels op die boom en teen die kante van die pan vas.

Verkoel tot nodig. Klits die room kaas, suurroom, strooisuiker en eiers saam tot glad. In ’n bakkie, meng die mielieblom, kakao, koekmeel en likeur tot glad. Voeg saam met die haselneutsjokoladesmeer by die roomkaasmengsel en klits goed.

Giet in die kors, smeer gelyk en bak vir sowat 45 minute tot die buiterande ferm, maar die binnekant steeds sag is. Skakel die oond af, maak die deur effens oop en laat die koek in die oond afkoel.

Laat afkoel tot kamertemperatuur en verkoel oornag in die yskas. Sif kakao oor net voor opdiening. Lewer 10-12 porsies.

4 Mei 2012


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Joyce Fouche

2012/05/06 08:16:15 PM

Dit lyk heerlik, ek gaan dit beslis probeer. Dankie!!

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights