|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 01:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 76% |
| Wind: |
500 g stokvisfilette, vel verwyder
15 ml olie
1 ui, gerasper
1 groot wortel, fyn gerasper
3 agurkies, fyn gerasper
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
8 eiers
250 ml room
250 ml tamatiepuree
125 ml vars witbroodkrummels
Voorverhit dieoondtot 180 °C. Stoom die vis in ’n pan met ’n bietjie water tot gaar en skep uit. Laat afkoel en vlok die vis fyn. Verhit die olie in ’n pan tot matig warm en voeg die uie en wortel by. Braai tot sag. Voeg die agurkies en gevlokte vis by en meng goed. Geur na smaak met sout en peper. Laat afkoel.
Klits die eiers, room en tamatiepuree saam en meng met die vismengsel. Smeer ’n broodpan met botter en druk die broodkrummels teen die basis en kante van die pan vas. Skep die vismengsel daarin. Bedek met foelie en sit die pan in ’n warmwaterbad (groter bak met warm water). Bak vir sowat 1 uur tot ferm. Laat effens afkoel en keer uit. Sny in skywe en sit voor.
Lewer ses porsies.
Landbouweekblad, 22 Oktober 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)