|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 01:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 76% |
| Wind: |
1 eier
250 ml gerasperde cheddarkaas
15 ml gesmelte margarien
1 knippie sout
3 snye growwe brood
Haal uit
Mengbak, draadklitser, lepel, meetlepels, meetbekers, tafelmes, bakplaat, eierspaan, vatlappies, drie borde, messe en vurke.
Wat is nodig?
Stap 1: Klits die eier in die mengbakkie met die draadklitser.Roer die gerasperde kaas, gesmelte margarien en sout daarin tot dit baie goed gemeng is.
Stap 2: Verdeel die mengsel in die mengbakkie met ’n tafelmes in drie gelyke dele.
Stap 3: Smeer elke sny brood sodat die hele sny bedek is en plaas die snye in die middel van die bakplaat.
Stap 4: Skakel die oondrooster aan en plaas die bakplaat op ’n oondrak 10 cm onder die roosterelement. (Pasop, die rooster is baie warm!)
Stap 5: Laat die oonddeur oop en hou die broodjies dop. Haal die bakplaat met twee vatlappies uit die oond sodra die kaas begin bruin braai. Skakel die oond af.
Stap 6: Lig die broodjies met ’n eierspaan op die borde en bedien dadelik. Genoeg vir drie mense.
18 April 2011
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Die restaurant in Garlick se winkels het jare gelede sulke broodjies (open cheese toast) aangebied. Mense was versot daarop.
dit klink en lyk njammies
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)