|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 01:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 76% |
| Wind: |
250 g ricotta
250 g sagte bokmelkkaas
30 ml bruismeel
2 eiers, geklits
250 ml fyn kraakbeskuitjie-krummels (ons het Cream Crackers gebruik)
Olie, vir braai
Klits die ricotta, bokkaas, bruismeel en eiers saam tot glad. Verkoel vir minstens twee uur tot ferm genoeg om te rol. Verwerk intussen ’n paar sout kraakbeskuitjies tot fyn krummels.
Rol kaasmengsel in bolletjies en dan in krummels. Druk elkeen liggies platter tussen jou duim en wysvinger en braai in matige warm olie tot goudbruin. Dreineer op kombuispapier en sit warm voor. Lewer 18-20 happies.
12 Mei 2011
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)