Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Potpourri / Kos-en-resepte / Geurige-vis-op-die-spyskaart

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Dinsdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:39
Sonsondergang: 17:45

Kaapstad

Bygewerk:27 May 01:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:76%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Geurige vis op die spyskaart

Cathy Joubert

Met 'n lekker porsie vis kan jy nooit verkeerd gaan nie - dit is vullend en gesond vir 'n ieder en elk.



Vispastei



Dié vullende pastei is genoeg vir 6 tot 8 mense.

1,5 kg aartappels

530 ml melk

400 g gerookte skelvis

850 kg stokvis

30 ml olyfolie

1 groot ui, opgekap

250 ml bevrore ertjies

30 ml soet brandrissiesous

75 ml botter

50 ml koekmeel

sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

125 ml sterk, gegeurde kaas, gerasper

2 groot eiers, geklits



Stel die oond op 200 °C. Kook die aartappels tot sag. Giet 500 ml van die melk in 'n groot kastrol en voeg die twee soorte vis by. Bring tot kookpunt en prut stadig tot gaar. Laat afkoel. Dreineer en hou die melk waarin dit gekook is. Vlok die vis in groot stukke. Plaas in gesmeerde vuurvaste bak. Verhit die olie in 'n pan. Soteer die ui daarin tot gaar. Roer die ertjies en brandrissiesous by. Laat prut sowat 'n minuut en hou eenkant. Smelt 50 ml van die botter in 'n pan. Verlaag die hitte en roer die meel by. Prut die meelmengsel sowat een minuut, maar moenie dat dit verbruin nie. Giet die melkmengsel deur 'n sif. Indien nodig, vul aan tot 500 ml. Roer die melk in bottermengsel tot glad. Bring tot kookpunt en roer aanhoudend. Laat kook sowat 8 - 10 minute. Voeg nóg melk by, indien nodig. Geur en voeg 100 ml van die kaas by. Verwyder van hitte en voeg die ui-ertjie-mengsel by. Roer deur en skep bo-op vis. Maak die aartappels fyn en voeg 30 ml van die melk wat oorgebly het, sowel as die res van die botter en geklitste eiers, by. Skep kapokaartappels bo-op vis. Sprinkel res van kaas oor. Bak sowat 35 minute. Dien op met vars groenslaai.


Geroosterde vis met heuningsous




Die vis word saam met geurige rys voorgesit.



sowat 1,5 kg ontbeende vis, in mote gesny en gegeur met

sout en varsgemaalde swartpeper. Hou in yskas.

Gerasperde skil van 1 suurlemoen

Sap van 2 suurlemoene

90 ml heuning

30 ml heelkorrel mosterd



Rasper net die skil van een suurlemoen, maar druk die sap van al twee suurlemoene uit. Plaas die skil en sap in 'n mengbakkie en voeg die res van die bestanddele by. Meng goed saam. Stel die oond op rooster. Plaas die vis in 'n gespuite of gesmeerde oondpan met velkant na onder. Verf die suurlemoen-heuningsous bo-oor. Rooster tot gaar. Dien op met gegeurde rys en slaai.


Gegeurde rys




30 ml kookolie

1 groot ui, opgekap

1 van elk groen en rooi soetrissie, opgekap

5 groot knopie-sampioene, opgekap

500 ml gaar rys

2 ml gemengde speserye

sout en swartpeper na smaak



Verhit die olie in pan en soteer die ui daarin tot gaar. Voeg die soetrissies en sampioene by. Soteer verder tot gaar. Skep die rys by en roer goed deur. Geur met geurmiddels na smaak.

7 Maart 2003

Rotasie blok

 
0
 
 
  • 2212 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Boereworspasta

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Wil op varkplaas werk
  • Landbou ondersteun SKA-bod
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction