Gevulde hoenderborsies met spek

Foto: NEVILLE LOCKHART
Stilering: ARINA DU PLESSIS
Assistent: CHRISTIEN BADENHORST
Foto: NEVILLE LOCKHART Stilering: ARINA DU PLESSIS Assistent: CHRISTIEN BADENHORST

Bestanddele

4 hoenderborsies, sonder vel of been
Sout en vars gemaalde swartpeper
Sap en fyngerasperde skil van 1 suurlemoen
250 ml (1 k) ricotta
125 ml (½ k) fyngekrummelde fetakaas
30 ml (2 E) gekapte, vars tiemie
1 pak (250 g) repiespek
Olyfolie

1. Voorverhit oond tot 200 °C. Kap die hoenderborsies effens platter en maak dan versigtig, met ’n skerp mes, ’n insnyding in elke borsie, sodat jy dit kan oopvou en vul. Wees versigtig om nie dwarsdeur te sny nie. Geur die borsies binne-in met sout, peper en ’n bietjie suurlemoensap.

2. Meng res van suurlemoensap, suurlemoenskil, ricotta, fetakaas en tiemie en skep van die vulsel in elke borsie. Vou weer toe.

3. Draai ’n paar respies spek om elke hoenderborsie en rangkik in ’n oondbak. Geur met sout en peper en drup olyfolie oor.

4. Bak vir sowat 20-30 minute tot spek bros en hoender gaar is. Sit voor met fynaartappel of polenta en ’n mengselslaai.

Genoeg vir vier mense.

Die dis op die meegaande foto is gevulde hoenderborsies met spek. Die foto is deur Neville Lockhart geneem. Arina du Plessis het die stilering gedoen met Christien Badenhorst as assistent.

Landbouweekblad, 28 Augustus 2009

Rotasie blok

 
4.8
 
 

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.