12 lamstjops
10 ontpitte Calamata-olywe, gekap
½ui, baie fyn gekap
2 knoffelhuisies, gerasper
250 ml vars witbroodkrummels
60 ml gekapte, vars pietersielie
100 g gekrummelde bloukaas
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
Olie, vir smeer
Voorverhit die oond tot 200 °C en voer ’n bakplaat met foelie uit. Smeer met olie. Maak ’n snit in die vleisdeel van elke tjoppieom’n sakkie te vorm waarin jy die vulsel skep.
Meng al die bestanddele vir die vulsel goed saam. Vul die tjops daarmee en druk die snit toe – steek vas met ’n tandestokkie, indien verkies. Oondrooster vir 10-12 minute en draai een keer om, tot gaar. Sit voor met oondgeroosterde tamaties en koeskoes.
Lewer ses porsies.
Landbouweekblad, 16 Julie 2010
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)