170 g heuning
140 g botter
80 ml ligbruinsuiker
30 ml water
2 eiers, geklits
200 g bruismeel
Versiersel
250 ml versiersuiker, gesif
30 ml heuning
water
Voorverhit oond tot 180 °C en smeer koekpan van 20 cm goed. Voer boom en kante van pan met bakpapier uit. Verhit heuning, botter, suiker en water stadig oor lae hitte tot suiker gesmelt is. Verwyder van hitte en klits eiers en bruismeel by tot gladde beslag. Giet in pan en versprei egalig. Bak sowat 40 minute tot koek gaar is.
Terwyl koek bak, mengversiersuiker en heuning tot ’n smeerbare versiersel (voeg ’n druppel of twee water by indien te dik). Keer koek uit, laat afkoel tot louwarm en smeer versiersel oor.
Variasie: Nóg ’n versiersel vir dié koek is...
Crunchie-ganache: Smelt 100 g donker sjokolade en 100 ml room tot glad. Laat afkoel en smeer oor koek. Rasper ’n Crunchie-sjokoladestafie grof en sprinkel oor die koek.
Landbouweekblad, 13 Augustus 2010
Kommentaar
Arina se e-pos-adres is aduplessis@landbou.com
Groete
Ek was opsoek na die Landbouweekblad se Plaaskos deur Arina du Plessis, maar die e-posadres wat julle aandui kan nie deurgaan nie, die webadres bestaan nie. Kan jully my die regte een verskaf asb.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)