Hoenderborsies gevul met feta, neute en kruie

Hoenderborsies gevul met feta, neute en kruie. Foto: NEVILLE LOCKHART
Hoenderborsies gevul met feta, neute en kruie. Foto: NEVILLE LOCKHART

Bestanddele

4 groot hoenderborsies, sonder vel of been
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
125 ml (½ k) gekapte, vars basiel
125 ml (½ k) gekapte, vars pietersielie
125 ml (½ k) gerasperde mozzarella
2 wiele fetakaas, fyn gekrummel
125 ml (½ k) geroosterde, gesoute
kasjoeneute, fyn gekap
60 ml (¼ k) olyfolie
Fyngerasperde skil en sap van 1 groot suurlemoen

Voorverhit die oond tot 180 °C. Sny elke hoenderborsie halfpad oop en geur binne-in met sout en peper. Verwerk die kruie, mozzarella- en fetakaas, neute, olie, suurlemoensap en -skil saam tot ’n growwe pasta (moet dit nie te fyn maak nie).

Skep twee groot lepels van die vulsel in die holte van elke hoenderborsie en pak die porsies styf langs mekaar in ’n klein oondbak. Sprinkel die orige vulsel bo-oor. Bedek en bak vir 20 minute. Haal die deksel af en bak vir ’n verdere 30 minute, tot die borsies deurgaar en die bo-laag bros is. Sit voor met ’n groenslaai en babaaartappels.

Lewer vier porsies.

Landbouweekblad, 19 Februarie 2010

Rotasie blok

 
5
 
 

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.