Hoenderbroodjies

Hoenderbroodjie. Foto: NEVILLE LOCKHART
Hoenderbroodjie. Foto: NEVILLE LOCKHART

Bestanddele

4 hoenderborsies (sonder vel of been), grof gekap
5 ml (1 t) sout
3 ml (½ t) vars gemaalde swartpeper
1 klein ui, gekap
5 ml (1 t) koljander
10 ml (2 t) soet rissiesous
125 ml (½ k) vars bruinbroodkrummels
1 eier, geklits
Olie, vir braai
4 broodrolletjies
60 ml (¼ k) hummus of knoffelmayonnaise
Blaarslaai, tamatie en uie

Verwerk die hoender, sout, peper, ui, koljander en rissiesous saam in ’n voedselverwerker tot fyn gekap, maar nie tot ’n pasta nie. Skep uit in ’n bak en meng met die broodkrummels en eier. Laat staan vir ’n paar minute.

Verhit ’n bietjie olie in ’n pan. Rol hoendermengsel in klein bolletjies en braai in olie oor matige hitte, tot goudbruin en deurgaar. Dreineer op kombuispapier. Smeer broodrolletjies met hummus of knoffelmayonnaise, sit blaarslaai en uie-entamatiesalsa op en vul met warm hoenderfrikkadelletjies.

Lewer vier porsies.

Landbouweekblad, 19 Februarie 2010

Rotasie blok

 
5
 
 

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.