|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 01:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 76% |
| Wind: |
Hoender
4 hoenderborsies sonder vel of been
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
2 eiers, geklits
125 ml dukkah
Olie vir braai
Koeskoes
250 ml koeskoes
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
30 ml olyfolie
250 ml kookwater
Jogurtsous
125 ml natuurlike jogurt
Sap van 1 suurlemoen
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
30 ml gekapte, vars koljander
30 ml gekapte, vars kruisement
Ekstra vars koljander en suurlemoen
Voorverhit oond tot 180 °C en voer ’n bakplaat met bakpapier uit. Sit hoenderborsies op’n vel plastiek neer en bedek met nog ’n vel plastiek. Gebruik ’n vleishamer of koekroller en slaan die hoenderborsies platter. Geur elke borsie liggies met sout en peper, doop in eier en rol in dukkah. Verkoel vir 10 minute.
Verhit oor matige hitte in ’n pan(hou die hitte matig, anders sal die sesamsaad en neute in die dukkah vinnig brand). Braai schnitzels bruin aan albei kante en sit dan op bakplaat. Oondrooster hoender verder vir sowat 10 minute, of tot deurgaar.
Terwyl hoender in oond is, berei koeskoes: Gooi koeskoes in ’n bak en geur met sout en peper. Sprinkel olyfolie oor en meng deur. Gooi kookwater oor, roer deur en bedek met ’n styfpassende deksel of met kleefplastiek. Laat staan vir vyf minute. Verwyder deksel, vlok met ’n vurk en bedek weer. Mikrogolf vir twee minute teen100%-krag en vlok weer.
Meng al die bestanddele vir jogurtsous saam. Skep hoender op koeskoes en skep jogurtsous oor. Rond af met ekstra vars koljander en ’n wiggie suurlemoen.
3 Januarie 2012
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Baie lekker < heerlik saam met n slaai
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)