250 g beesmaalvleis
250 g varkmaalvleis
250 ml witbroodkrummels
1 eier
Sap en fyngerasperde skil van 1 suurlemoen
45 ml gekapte, vars oreganum
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
Olie, vir braai
Parmesaankaas, om oor te rasper
Meng al die bestanddele saam, bedek met kleefplastiek en laat rus vir 30 minute. Rol in gholfbal-grootte bolletjies en druk effens plat. Verhit ’n bietjie olie in ’n swaarboompan en braai die vleisbolletjies oor matige hitte tot goudbruin aan albei kante en deurgaar.
Sit voor op fynaartappel of romerige polenta en sprinkel gerasperde parmesaankaas oor of sit voor met ’n ryk, tuisgemaakte tamatiesous.
Lewer ses porsies.
Landbouweekblad, 20 Augustus 2010
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)