|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 01:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 76% |
| Wind: |
Kors
2 x 200 g pakkies klapperkoekies
160 ml gesmelte botter
Vulsel
2 x 230 g houers geroomde maaskaas
250 ml suurroom
1 x 397 g blik kondensmelk
100 ml suurlemoensap
4 eiers, geklits
1/2 blik (190 g) karamelkondensmelk
3 blokkies (sowat 40g) fudge
? Voorverhit oond tot 160 °C en smeer ’n losboomkoekpan van 26 cm met botter. Verwerk klapperkoekies in ’n voedselverwerker tot fyn en voeg gesmelte botter by. Pols tot krummels aanmekaar begin kleef.
Druk krummelmengselopboomenteen kantevan die koekpan vas. Verkoel tot benodig. Klits geroomde maaskaas, suurroom, kondensmelk en suurlemoensap saam tot glad. Voeg die eiers by en klits deur.
Giet mengsel versigtig in voorbereide krummelkors. Skep teelepels vol van die karamelkondensmelk in die kaaskoekmengsel en maak seker jy versprei dit egalig. (Van die karamelkondensmelk sal afsak tot onder en van dit sal in die middel van die beslag bly as die koek bak).
Krummel fudge baie fyn en sprinkel oor kaaskoekmengsel. Bak vir een uur tot ferm. Skakel oond af, maak oonddeur oop en laat kaaskoek in oond afkoel tot kamertemperatuur. Bêre in yskas,maar sit voor teen kamertemperatuur. Lewer een groot kaaskoek.
24 Oktober 2011
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Die kaaaskoek is bitter baie lekker, behalwe ek het twee aanpassings gemaak, ek het die maaskaas met roomkaas vervang en ek het die mengsel eers ordentlik in die yskas verkoel sodat dit lekker styf was voordat ek dit in die pan gegooi het en die karamel geskep het, dit voorkom dat die karamel tot op die bodem sak.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)