30 ml olie
1 ui, gerasper
2 knoffelhuisies, fyn gedruk
15 ml kerriepoeier
5 ml borrie
2 cm vars gemmer, geskil en gerasper
3 ml komyn
3 ml koljander
500 g beesmaalvleis
60 ml tamatiepasta
60 ml water
Sout, peper en suiker na smaak
2 x 400 g rolle reg-om-te-gebruikbroskorsdeeg
2 eiers, geklits
Verhit die olie in ’n pot en braai die ui en knoffel daarin tot sag. Voeg die kerriepoeier, borrie, gemmer, komyn en koljander by en braai vir ’n paar minute. Voeg die vleis by en braai tot goudbruin. Voeg die tamatiepasta en water by en verhit tot kookpunt. Prut vir sowat 30 minute, tot gaar en nie meer souserig nie. Geur na smaak met sout, peper en suiker en laat afkoel.
Voorverhit oond tot 200 °C. Rol deeg op ’n meelbestrooide oppervlak uit en druk sirkels van 10 cm tot 12 cm daaruit. Skep lepelsvol van die maalvleismengsel op die een helfte van die deegsirkel. Verf rante met eier en vou deeg oor die vleis toe om halfmaan-pasteitjies te vorm. Verf pasteitjies met eier en pak dit op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is. Bak pasteitjies vir 15-20 minute tot goudbruin en deurgaar. Sit voor met blatjang of soetrissiesous om in te doop.
Lewer sowat 15 pasteitjies.
Landbouweekblad, 23 Julie 2010
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)