30 ml botter
1 ui, gekap
15 ml kerriepoeier
3 ml borrie
3 ml gerasperde, vars gemmer
1 lourierblaar
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
375 ml appelbier (apple cider, soos Savannah)
4 varktjops
Voorverhit die oond tot 180 °C. Verhit die botter in ’n pan en braai die ui daarin tot sag. Voeg die kerriepoeier, borrie, gemmer en lourierblaar by en braai vir een minuut.
Geur met sout en peper en voeg die appelbier by. Verhit tot kookpunt en prut, terwyl geroer word, vir sowat sewe minute tot die sous effens afgekook is. Pak die tjops in ’n oondbak en giet die sous oor. Bak oop vir 15-20 minute, of tot gaar. Sit voor met rys en groente.
Lewer vier porsies.
Landbouweekblad, 16 Julie 2010
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)