Klewerige sojasoushoender

Klewerige sojasoushoender. Foto: NEVILLE LOCKHART
Klewerige sojasoushoender. Foto: NEVILLE LOCKHART

Bestanddele

125 ml (½ k) sojasous
60 ml (¼ k) sjerrie
30 ml (2 E) bruinsuiker
45 ml (3 E) olie
3 knoffelhuisies, fyn gedruk
15 ml (1 E) komyn
5 ml (1 t) rissievlokkies
4-6 porsies hoender
Vars gemaalde swartpeper
½ suurlemoen

Roer die sojasous, sjerrie, suiker, olie, knoffel, komyn en rissievlokkies saam in ’n glasbak tot die suiker opgelos is. Pak die hoenderstukke in ’n enkellaag in ’n bak, geur met swartpeper en rasper ’n klein bietjie van die suurlemoen se skil daaroor. Giet die marinade oor, bedek met foelie of ’n deksel en verkoel vir minstens 2 uur.

Voorverhit die oond tot 180 °C. Bak die hoender met die foelie of deksel vir 1 uur. Haal die foelie of deksel af, druk die halwe suurlemoen se sap bo-oor uit en bak verder sonder die deksel tot die soja-marinade lekker afgekook en klewerig is. (Skep gereeld van die marinade oor die hoender tydens die laaste ruk van die baktyd.) Sit voor met fyn aartappel en gestoomde groente.

Lewer 4-6 porsies.

Landbouweekblad, 19 Februarie 2010

Rotasie blok

 
4.5
 
 

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.