Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Potpourri / Kos-en-resepte / Koekies-te-kus-en-te-keur-0

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Dinsdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:39
Sonsondergang: 17:45

Kaapstad

Bygewerk:27 May 01:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:76%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Koekies te kus en te keur

Deur ARINA DU PLESSIS (aduplessis@landbou.com)

Trek die meel en botter nader! Dis weer tyd om die koekblikke te vul met suikersoet kleinkoekies vir die skoolvakansie wat wag.

Kaneelsuikersterre

375 ml koekmeel

125 g koue botter, in blokkies gesny

115 ml strooisuiker

10 ml kaneel

1 groot eier, teen kamertemperatuur

Sif die koekmeel in 'n mengbak en vryf die botter met jou vingerpunte in tot die mengsel soos growwe krummels lyk. Voeg die strooisuiker en kaneel by en meng deur. Klits die eier en voeg by. Meng tot 'n deeg vorm. Draai in kleefplastiek toe en verkoel vir ongeveer 1 uur. Voorverhit die oond tot 180 °C en voer twee bakplate met gesmeerde bakpapier uit. Rol die deeg op 'n meelbestrooide oppervlak uit tot ongeveer 3 mm dik. Druk vorms (soos sterre) uit en pak op die bakplate. Bak vir 8-10 minute tot liggoudbruin. Laat effens afkoel op die bakplate en pak dan op 'n draadrak om heeltemal af te koel. Sif versiersuiker oor en verpak lugdig. Lewer ongeveer 35 koekies.

Haselneut-en-gemmer-brosbroodkoekies

Brosbrood is blitsvinnig om te maak as jy 'n voedselverwerker het. Sny andersins die botter en klein blokkies en vryf dit met jou vingers in tot 'n deeg vorm.

850 ml koekmeel

375 ml mielieblom

410 ml versiersuiker

2 ml sout

500 g koue botter, in klein blokkies gesny

100 g haselneute, gerooster, velle afgevryf en fyn gekap

45 ml ingelegde gemmer, fyn gekap

Voorverhit die oond tot 160 °C en voer 'n paar bakplate met gesmeerde bakpapier uit. Meng die meel, mielieblom, versiersuiker en sout saam in 'n voedselverwerker. Voeg die botter by en pols tot klam krummels vorm wat net-net aan mekaar begin vassit. Voeg die neute en gekapte gemmer by en pols verder tot 'n deeg vorm. Keer uit op 'n meelbestrooide oppervlak. Knyp stukkies deeg af en rol in bolletjies. Pak op die voorbereide bakplate en bak vir ongeveer 25-30 minute. Verlaag die oondtemperatuur tot 140 °C en bak verder tot liggoudbruin en gaar (ongeveer 15 minute). Laat heeltemal afkoel en sif versiersuiker oor. Verpak lugdig. Lewer ongeveer 80 koekies.

Dubbeldoor-sjokoladekoekies

Deeg

430 ml koekmeel

60 ml kakao

3 ml bakpoeier

1 ml sout

125 g botter

250 ml strooisuiker

1 groot eier, teen kamertemperatuur

5 ml vanieljegeursel

Vulsel

125 g wit sjokolade, gekap

125 ml room

Ekstra wit sjokolade, gesmelt (vir versiering), opsioneel

Sif die meel, kakao, bakpoeier en sout saam. Verroom die botter en suiker goed saam en voeg die eier en vanieljegeursel by. Klits goed. Voeg die meelmengsel by en meng tot 'n deeg vorm. Draai die deeg in kleefplastiek toe en verkoel vir ongeveer 1 uur. Voorverhit die oond tot 160 °C en voer 'n paar bakplate met gesmeerde bakpapier uit. Rol die deeg liggies uit op 'n meelbestrooide oppervlak tot ongeveer 2-3 mm dik. Druk vorms uit en pak op die voorbereide bakplate. Bak vir ongeveer 10-12 minute en laat effens op die plate afkoel voor die koekies op 'n draadrak gepak word om heeltemal af te koel.

Vir die vulsel: Smelt die sjokolade en room stadig saam oor lae hitte terwyl gereeld geroer word, tot glad. Laat afkoel tot kamertemperatuur en verkoel tot yskoud en styf. Plak die koekies opmekaar met die wit sjokoladevulsel. Versier met gesmelte wit sjokolade, indien verkies. Lewer ongeveer 20 dubbele koekies.

Pouse-koekies

Dié koekies is só gedoop omdat dit 'n vulsel van grondboontjiebotter en konfyt het - die klassieke pousebroodjie-vulsel! Jy kan die grondboontjiebotter met appelkooskonfyt (soos die koekies op die foto), gouestroop of aarbeikonfyt meng. Kinders is dol daaroor en saam met 'n glas melk is dit ideale peuselkos vir die vakansie.

250 g sagte botter of margarien

180 ml strooisuiker

10 ml vanieljegeursel

1 eiergeel

560 ml koekmeel

Vulsel

45 ml grondboontjiebotter

45 ml konfyt van jou keuse

Verroom die botter en suiker goed saam en klits die vanieljegeursel en eiergeel by. Klits goed. Voeg die koekmeel by en meng goed tot 'n deeg vorm. Draai in kleefplastiek toe en verkoel vir minstens 1 uur. Meng die grondbootjiebotter en konfyt (of stroop) goed saam. Rol die deeg dun uit op 'n meelbestrooide oppervlak en sny in 'n netjiese reghoek. Smeer die hele oppervlak van die deeg met 'n dun lagie van die vulsel. Rol op (soos 'n konfytrol) en draai in 'n stuk waspapier toe. Sit in die vrieskas tot baie ferm, maar nie gevries nie. Voorverhit intussen die oond tot 180 °C en voer 'n bakplaat met gesmeerde bakpapier uit. Haal die deegrol uit vrieskas en sny met 'n skerp mes in wiele van 3 mm dik. Pak op die bakplaat en bak vir 8-10 minute tot gaar. Laat afkoel op die bakplaat en verpak lugdig. Lewer sowat 30 koekies.

Amandelbiscotti met bosbessies

As jy nie droë bosbessies in die hande kan kry nie, gebruik korente of sultanas vir hierdie biscotti.

125 ml droë bosbessies ("cranberries")

125 ml kookwater

750 ml koekmeel

10 ml bakpoeier

1 ml sout

60 ml sagte botter

250 ml suiker

3 eiers, teen kamertemperatuur

10 ml vanieljegeursel

1 pakkie gepelde amandels, grof gekap

Meng die droë bosbessies en kookwater en laat staan vir 15 minute om uit te swel. Dreineer goed en hou eenkant. Voorverhit die oond tot 180 °C en voer 'n groot bakplaat met gesmeerde bakpapier uit. Sif die meel, bakpoeier en sout saam en hou eenkant. Verroom die botter en suiker goed tot lig en romerig en klits die eiers een vir een by. Klits goed ná elke byvoeging en klits laaste die vanieljegeursel by. Voeg die amandels, uitgeswelde bosbessies en droë bestanddele by en maak aan tot 'n deeg. Verdeel die deeg in drie en vorm elke deel in 'n lang "wors". Pak 'n entjie uitmekaar op die bakplaat en druk elkeen met die hand effens platter. Bak vir ongeveer 20- 25 minute tot strooikleurig. Laat afkoel tot louwarm en verlaag die oondtemperatuur tot 100 °C. Sny elke stuk deeg in snytjies van 5 mm dik en bak op die bakplate. Droog uit, soos beskuit, en laat heeltemal afkoel voor dit lugdig verpak word.

Landbouweekblad, 21 November 2008

Rotasie blok

 
5
 
 
  • 3415 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Die uitsig vanuit die suite in die hotel.
  • Plase ‘gesluit’ weens arbeidstoestande
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction